Namibië se junior span takel vandag Australië in Kimberley. Foto Krieket Namibië
Namibië se junior span takel vandag Australië in Kimberley. Foto Krieket Namibië

O.19’s teen swaargewig Australië gemeet

Krieket
Afrigter Oscar Nauhaus se jongmanne brand om ná die reeks opwarmwedstryde met hul aanslag te begin.
Tielman Van Lill
Die gunsteling Australië sal deur Sri Lanka, Zimbabwe en Namibië uitgedaag word vir die topposisie in Groep C van die ICC o.19-krieketwêreldbeker.

Die Walvis Bay Salt Eagles sal Australië vandag in hul openingswedstryd in Kimberley aandurf. Spel begin om 10:00 en SuperSport het die uitsaairegte in Afrika verwerf.

Vir die eerste keer in die geskiedenis word elk van die 41 wedstryde in die toernooi regstreeks gebeeldsend. In sekere wêreldstreke sal gratis uitsendings op ICC.tv ook gevolg kan word.

Namibië is ’n opkomende krieketnasie. Die land het in 1998 sy buiging by die junior Wêreldbeker gemaak en ná ’n afwesigheid by die vorige twee toernooie sal hierdie keer hul tiende verskyning wees.

Tot dusver was die 2016-uitgawe loshande die suksesvolste vir die Afrika-span. Hulle het Suid-Afrika geklop, die kwarteindstryd gehaal en teen Indië verloor, maar het Nepal geklop om sewende te eindig vir hul beste vertoning nóg by die o.19-wêreldbeker.

Namibië het vir vanjaar se toernooi gekwalifiseer ná ’n foutlose vertoning in die 2023 Afrika Afdeling 1-kwalifiserende toernooi in Tanzanië. Hulle het vier uit vyf wedstryde gewen, terwyl die ontmoeting teen Uganda uitgereën het.

In afrigter Oscar Nauhaus se vasberade groep word die onderkaptein Gerhard Janse van Rensburg uitgesonder as ’n individu wat gereeld óf met die kolf óf as bouler deurslaggewende bydraes lewer.

Namibië spelersgroep: Alex Volschenk (kaptein), Gerhard Janse van Rensburg, Hansie de Villiers, JW Visagie (paaltjiewagter), Ben Brassell, Jack Brassell, Henry van Wyk, Zacheo van Vuuren, Nico Pieters, Faf du Plessis, Wouter Niehaus, PD Blignaut, Hanro Badenhorst, Junior Kariata, Ryan Moffett.

Op 24 en 27 Januarie volg Namibië se volgende twee groepwedstryde teen Sri Lanka en Zimbabwe. Die topdrie uit die vier spanne in elke groep vorder na die supersesfase. Indien hulle nie vandag teen Australië die pyp rook nie, kan dit steeds as ’n afspringplek dien om minstens een opponent in die groep uit te skakel.

AUSTRALIË

Australië is die tweede suksesvolle span in die o.19 Mans-wêreldbeker ná Indië. Hul eerste sukses was in die heel eerste toernooi in 1988, toe hulle Pakistan as gasheerspan met vyf paaltjies geklop het.

Australië se tweede triomf was in 2002 gekom toe Cameron White hulle tot ’n oorwinning in Nieu-Seeland gelei het. Hul buurland was in 2010 weer ’n gelukkige jagveld toe Josh Hazlewood se puik 4/30 Mitchell Marsh se span gehelp het om die finaal teen Pakistan met 25 lopies te wen.

Die jong Australiërs het laat in 2023 deelgeneem aan ’n volwaardige toer deur Engeland. Die toer was in alle opsigte suksesvol, met reeksseges in al drie formate.

Spelersgroep: Lachlan Aitken, Charlie Anderson, Harkirat Bajwa, Mahli Beardman, Tom Campbell, Harry Dixon, Ryan Hicks, Sam Konstas, Rafael MacMillan, Aidan O’Connor, Harjas Singh, Tom Straker, Callum Vidler, Corey Wasley, Hugh Weibgen.

GISTER SE UITSLAE

• Kimberley: Sri Lanka (204) klop Zimbabwe (89 almal uit in 21.1 van hul 22 boulbeurte) met 39 lopies volgens die DLS-metode (teiken 129).

• Nieu-Seeland (302/8) klop Nepal (238/9) met 64 lopies. Speler van die wedstryd: Snehith Reddy (Nieu-Seeland), 147 nie uit nie van 125 balle.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!