O.19’s tree aan om spore vol te staan
Krieket
Dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, maak geen geheim daarvan dat hy hoë verwagtinge koester dat die nasionale junior span die supersesfase van die komende o.19 Wêreldbeker in Suid-Afrika met oortuiging moet haal nie.
Op papier is die uitdaging voor spankaptein Alexander Volschenk en sy jongmanne geensins vergesog nie. Hul openingswedstryd komende Sondag teen Australië is weliswaar teen ’n swaargewigspan, maar dit kan inderdaad as die afspringplek dien vir die ander twee groepwedstryde teen Sri Lanka en Zimbabwe.
Die topdrie uit die vier lande sal tot die superses deurdring.
Van Vuuren se eie sportprestasies het min bekendstelling nodig as die enigste man wat (boonop in dieselfde jaar, 2003) sy land by die Wêreldbekertoernooie van krieket én rugby verteenwoordig het.
In ’n media-onderhoud met ICC-cricket.com het Rudie oop kaarte gespeel oor die hoë dunk wat hy van vanjaar se nasionale junior span het, waarvan sy seun Zacheo een van die sleutelspelers is.
“Hy het ongelooflik hard gewerk en sy vorm is op dreef, op die regte tyd. Hy teken lopies aan en hy neem paaltjies,” het Rudie gesê ’n paar dae ná Zacheo se vyf paaltjies in ’n opwarmwedstryd teen Skotland en drie teen die VSA.
“Hy het oor die jare sterker geword en sy kolf- en boulwerk is baie goed. Hy het ongelooflik hard gewerk aan sy kondisionering. Sy boulspoed is ’n tree of twee vinniger; hy kan die bal na beide kante swaai. Op die onlangse toer na Indië het hy baie geleer, veral om teen draaiboulers te kolf.”
Nadat Zacheo – tevore ook ’n talentvolle artistiese gimnas – se krieketopgang raakgesien is, is hy blootgestel aan die senior span toe Uganda onlangs hier op toer was vir ’n T20-reeks. Hoewel Zacheo nie kans gekry om te kolf nie, het hy wel later boulkans gekry.
“Ek dink hy ontwikkel as ’n besonderse atleet en na my mening is hy ’n ware veelsydige speler. Met tyd sal hy meer volwasse word.”
In die onderhoud is dok Rudie ook vol lof vir die insette van Gerhard Erasmus, die senior nasionale spankaptein, en ander rolspelers wat tot die o.19’s se vooruitsigte bygedra het.
Die volledige onderhoud is gister op ICC-cricket.com gepubliseer.
OPWARMWEDSTRYD
Ierland en Namibië het gehoop om uiteindelik een ononderbroke opwarmwedstryd te hê voor komende naweek se openingsrondes van die o.19 Wêreldbeker – maar reënweer in Pretoria het gister opnuut hul ontmoeting onderbreek.
Die wedstryd in Tuks se LC de Villiers-stadion het geen uitslag gelewer nie. Nadat Namibië se aanvangsnaatboulers Junior Kariata (0/12 in 3) en Jack Brassell (0/10 in 2.2) die Iere verhinder om tydens die kragspel te haastig te begin (22/0 ná 5.2 boulbeurte), het reën die spelers van die veld gedwing en die spel kon nie weer hervat nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie