O.20’s en Kenia kan vroeg slaags raak

Rugby
Brian Munango
Namibië se o.20-rugbyspan vertrek vanmiddag na Rugby Afrika se Barthesbekertoernooi wat in Nairobi, Kenia, vuurwerke beloof.

Verlede jaar was die proewe en oefenkamp afgehandel en die toerspan reeds aangewys, maar positiewe Covid-gevalle in die kamp het Namibië gedwing om te onttrek en by die huis te bly.

Namibië, wat ook die 2019-eindstryd teen Kenia verloor het, is dus derde vir die toernooi gekeur en speel komende Saterdag (09:00 in Nairobi) in die openingswedstryd teen die sesde gekeurde Ivoorkus.

Die res van dag 1 se wedstryd is Tunisië (vierde) teen Zimbabwe (vyfde), Madagaskar (tweede) teen Zambië (sewende) en die hoofwedstryd tussen Uganda (agtste) en die gasheerland.

Indien Namibië wen, sal hy op wedstryddag 2 (Woensdag 13 April) teen die wenner van óf Kenia óf Uganda te staan kom. Die eindstryd en uitspeelwedstryde vir finale plekke is vier dae later.

Die groep van 25 spelers het in Windhoek twee opwarmwedstryde gehad ter voorbereiding op die toer na Kenia. Hulle het teen Western Suburbs met 14-12 verloor en daarna met 31-26 teen Unam gewen.

Die afrigter, Chrysander Botha, het gister op ’n nuuskonferensie gesê: “Ons het ’n goeie groep bymekaar. Die voorlopige groep het teen Western Suburbs ’n oefenwedstryd gehad waar beide spanne talle plaasvervangings gedoen het om almal speeltyd te gee, omdat ons in daardie stadium nog nie ’n gefinaliseerde reisspan gehad het nie.”

Botha sê: “Teen Unam het ons ’n meer gestruktureerde benadering gevolg en jy kon die verskil in die jongmanne se vertoning sien. Meer opwarmwedstryde sou goed gewees het, maar met alles gesê, ons is gereed om goed te gaan vaar!”

Die o.21-kaptein, die flank Rowan Jansen, is geëerd om sy span op die toer te lei en sê hulle is baie goed voorbereid.

“Dit was moeilik om voor te berei, want ’n paar van ons spelers moes van die buitewyke van Windhoek af reis om by die oefening deur te kom, maar ons het groot getalle in oefening gehad wat baie belangrik was.”

Spanbestuurder Jacky Husselmann glo sterk sy span het die nodige bestanddele om die toernooi vir die eerste keer sedert 2018 weer te wen. “Ek is vol vertroue dat ons die o.20 Afrika-titel sal terugwen.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!