Okahandja-seuns vorder op rugbyveld

Skolerugby
Tielman Van Lill
Okahandja-skolesport het onlangs sy prysuitdeling afgehandel waar rugbyspelers van laerskole en hoërskole in die Tuindorp vir hul prestasies die afgelope jaar vereer is.

Okahandja-skolesport is op 27 Mei 2015 deur vier ywerige skoolhoofde in die lewe geroep. Mnre. Piet Greeff van Berg-Op Akademie, Robbie Williams van JG van der Wath, Chris Venter van Okahandja Primêre Skool en J. Hoaseb van KW von Marées het die wonderlike idee tot uitvoer gebring.

Hoewel dit eers net as ’n verhoog vir o.19-spelers gedien het, het Lodewikus Scholtz en Johan Brenkman in 2017 besluit om al die ouderdomsgroepe vanaf laer- en hoërskole en selfs tjokkers te akkommodeer.

Mnr. Phillip Smit, hoof van Berg-Op Akademie, is tans die voorsitter van die liggaam met Berg-Op Akademie, JG van der Wath, Okahandja Primêre Skool, KW von Marées, Eden Gekombineerde Skool, Nau-Aib Primêre Skool, Five Rand School, Okahandja Sekondêre Skool en Catalyst Privaatskool as deelnemende skole.

Ongelukkig het Okahandja-skolesport nie hul eie geriewe om by te oefen nie en moet dit huur. Okahandja Primêre Skool en Okahandja-park verhuur hul velde teen N$115 per uur per span en borge maak dit moontlik vir die seuns en afrigters om hul passie uit te leef.

“Okahandja-skolesport het groot waardering vir die geloof wat borge en ouers in ons gehad het, vir hul gedeelde entoesiasme en passie vir Okahandja-skolesport en die sukses in die groei van rugby op die dorp.

“Die prestasies van Okahandja-skolesport kon slegs bereik word deur die insette van ons borge. Baie dankie aan Jumbo Charcoal, Fairtrade Premium (mnr. en me. Galloway), Brothers Mattress (Markus Bean), Okahandja Medical Practice (dr. Brinkmann), Beefcor (Stefan du Rand), Closwa (Herman Fourie), Prestige Windows and Doors (mnr. en me. Van Dyk).

“’n Groot dankie aan Magdel Enslin (sekretaresse, tesourier), Wikus Meyer (busbestuurder), Japie Papenfus en Jian Brenkman (skeidsregters), Lucrecia Beukes (bussies) asook Shaun en Karen Powell (Gravity Sports).

“Ons sien uit na 2024 waar ons graag die bywoning van spelers wil vergroot en help om die spelers meer geleenthede te gee om aan verskeie toernooie deel te neem,” het die bestuur van OSS gesê.

TOEKENNINGS

Span van die jaar: Onder 15’s.

O.13-speler van die jaar: Jordan Majiedt.

O.15-speler van die jaar: Xavier Bampton.

Afrigters se speler van die jaar: Bühlem Oelofsen (Namibië o.16).

Spelers se speler van die jaar: Nico Simataa.

Xavier Bampton, Nico Simataa, Kalipa Mbuende (kaptein), Bühlem Oelofsen en Janu van Dyk is in die Noordespan vir die o.16-proewe opgeneem.

OSS se o.13-span het tot in die kwarteindstryd van die B-afdeling gevorder, terwyl die o.15’s in die semifinaal van die B-liga gespeel het. By die onlangse Gravity Cup by Affiespark het die o.17-sewesspan ’n silwermedalje in die finaal verower.

Die afrigters: Tiaan Venter (o.7 en o.8), Patrick van der Merwe (o.9), Johnny Redelinghuys (o.11), Horatius Abrahams en Xabriel Majiedt (o.13), Lodewikus Scholtz, Leon Migiletti en Michael Oelofsen (o.15).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!