Gerhard Mans voor die wegspring van die eerste Hollard Gravel & Dirt-resies vanjaar, by Oanobdam.
Gerhard Mans voor die wegspring van die eerste Hollard Gravel & Dirt-resies vanjaar, by Oanobdam.

Okajo volgende in Mans se visier

Bergfietsry
Jesse Kauraisa
Gerhard Mans, ’n spesialis in die Hollard Gravel & Dirt bergfietsreek, sê hy is gereed vir nog ’n lekker taai resies aanstaande naweek by Okajo Safari Lodge.

Die gedugte 35-jarige Windhoeker is sover uitstekend op dreef in die reeks en hoop om hiermee voort te gaan by resies nommer 4, by die lodge 20 km noord van Wilhemstal in die Erongostreek.

Die afstande is oor 78 km of 41 km uitgelê vir die resies op 3 Junie.

Mans sê: “Ek het goed voorberei en ek voel die Okajo-resies is ook binne my bereik. Ek weet nog nie vir seker watter ander jaers daar sal wees nie, maar ek weet ook dis nooit ’n maklike een nie en die meeste ouens kom met hoë verwagtinge van goeie resultate.”

Twee naweke gelede was Mans en Anri Krugel die mans- en vrouewenners by resies nommer 3 in die Hollard Gravel & Dirt reeksbyeenkoms by Otjiwa Safari Lodge. Beide ry in die kleure van die hoofborg.

Mans, ’n subveteraan, is gevolg deur twee van sy Hollard-spanmaats Ingram Cuff (tweede, veteraan) en Gerhard Breed (derde, subveteraan) wat met net sekondes die aanslag van die eerste elite ryers Danzel de Koe en Xavier Papo afgeweer het.

’n Bekende internasionale ryer van Australië, Cameron Wright, het ná Papo klaargemaak.

In die vroueresies het die Cymot-span se jong Monique du Plessis (elite) en Jaen-Mari Mostert (subveteraan) die tweede en derde posisies ná die elite ryer Krugel (Hollard) ingeneem.

Robyn-Lee Swartz (subveteraan) was algeheel vierde, Jeanne Heunis (veteraan) vyfde en Lelani Swart (subveteraan) sesde.

Inskrywings word by https://reggister.chronotrack.com/r/74053 gedoen en sluit op Woensdag 31 Mei om 12:00. Meer besonderhede by www.raceday.events/gravel-dirt-mtb-series.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!