Old Boys bespreek finaal teen Wanderers

Klubkrieket
Andrew Poolman
Die tafel is gedek vir ’n goed gebalanseerde eindstryd komende Saterdag tussen die twee toonaangewende spanne in Krieket Namibië se premierliga vir die eendagspel (50 boulbeurte per span).

Die variasie in Ceiling Centre WHS Old Boys se boulaanval het ’n belangrike rol gespeel in die span se oorwinning op ’n drafstap met sewe paaltjies gister teen CCD Tigers. Old Boys kom in die finaal teen Samsung Wanderers te staan.

Die oranje span se kwesbare kolflys het hom hierdie seisoen op belangrike oomblikke in die steek gelaat en gister op die FNB Vegkopstadion was dit weer so, toe CCD Tigers vir net 84 lopies uitgeboul is.

Die ervare nasionale aanvangskolwer Stephen Baard het die CCD-kolfpoging bymekaar probeer hou in sy 22 lopies van 42 balle, waarin hy net twee balle vir grenshoue kon slaan.

Baard het vroeg reeds toegekyk hoe Old Boys se linkerarm-blitsbouler Ruben Trumpelmann (2/9 in 7 boulbeurte) van beide Wayne Raw (gevang vir 3) en Joshuan Julius (0) ontslae raak.

Nicol Loftie-Eaton (8) kon hom ook nie tuismaak nie, voor Gerhard Erasmus hom b.v.p. betrap het. Die CCD-kaptein Pikky ya France (12) en Ramon Wilmot (12) was die laastes wat dubbelsyfers kon behaal, tesame met die 14 ekstras (vyf wydlopers). Ya France en Baard het gesamentlik die enigste vier viere van die ganse kolfbeurt geslaan.

Ses van die agt boulers wat Old Boys ingespan het, het paaltjies geneem – insluitend Zhivago Groenewald (1/23 in 10) wat vir Baard laat uitvang het, Tangeni Lungameni (2/21 in 6.5), Erasmus (1/9 in 5), Donovan Zealand (2/4 in 3) en Dylan Leicher wat een leë boulbeurt afgestuur het en die paaltjie van Jack Parker (4) gekry het wat agter die paaltjies een van twee vangskote vir die dag deur Craig Williams was.

Die besoekers het kortstondig vals hoop gekry toe Craig Williams (0) met die tweede bal deur Ben Shikongo skoongeboul is, en Dylan Leicher (3) ook twee boulbeurte later uitgevang is om Old Boys op 8/2 ná 3.3 boulbeurte te laat.

Gerhard Erasmus (35 van 39 balle, vier viere, een ses) en Malan Kruger (41 nie uit nie van 42 balle, 5x4 2x6) het egter die klein wenteiken stelselmatig afgewerk. Old Boys, wat sonder sy gereelde kaptein JP Kotzé én paaltjiewagter Zane Green gespeel het, het net 16.4 boulbeurte benodig om die oorwinning met sewe paaltjies te verseker.

Ruben Trumpelmann is as speler van die wedstryd aangewys.

WANDERERS-HOUE TREF UNITED

Samsung Wanderers het op sy tuisveld sy kolfkrag uitgestal om met nege paaltjies verby die 197 almal uit te storm wat Trustco United opgestel het.

Niko Davin het drie sesse en vyf viere in sy 48 van 29 balle gemoker, in die aanvangsvennootskap van 89 lopies met JC Balt, wat hom met ’n onoorwonne vyftigtal laat geld het (83* off 78 balls, 12x4 1x6).

Nommer drie Karl Birkenstock, wat vroeër as naatbouler ook 3/39 geneem het, was onoorwonne op 54 van 39 balle (4x3 3x6) en is as speler van die wedstryd bekroon.

Wanderers het in net 24.2 boulbeurte die oorwinning afgehandel, met die enigste verlies die paaltjie van Davin wat net voor sy vyftigtal uitgevang is.

• Volledige wedstrydverslag van die Wanderers-wedstryd binne in Sport Wrap.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!