Old Boys en Wanderers opnuut dominerend
Klubkrieket
Die twee gebruiklike toonaangewende spanne is reeds voor ná die openingsnaweek.
Die eerste spanne van Samsung Imperial FNB Wanderers 1 en WHS Old Boys 1 het hul dominansie reeds op die eerste naweek van die nuwe seisoen van Krieket Namibië se T20-premierliga voortgesit.
Gister by Wanderersveld het die twee kragte onderskeidelik vir CCD Tigers 1 en Trustco United 1 sonder te veel teenstand oordonder.
Namibiese krieket wens al jare om ’n meer gesonde balans in die topliga van sy klubkrieket te genereer en groter getalle kompeterende klubs te ontwikkel.
Die bestaande stelsel waarin wegholverskille die algemene norm is, dien op sigself maar selde om plaaslike krieketspelers vir hoër louere voor te berei. Boonop is die kusspan die Welwitschias nie tans in die T20-premierliga ingeskryf nie.
Die Richelieu T20 franchisereeks is vir ’n paar naweke per jaar die enigste alternatief om plaaslike krieket te red, met krag wat teen krag speel.
WHS OLD BOYS (117 vir 2 in 11.1 boulbeurte) klop UNITED (114/5 in 20) met agt paaltjies.
United het eerste gekolf. Hul meeste lopies is deur Handré Klazinga (33 van 40 balle, 3x4) as aanvangskolwer en Hendrik van der Walt op ses (28* van 19 b, 2x4, 1x6) behaal.
Tangeni Lungameni (2 vir 20 in 3.4 boulbeurte, 13 leë aflewerings) en die ontluikende jong Zacheo Janse van Vuuren (2/15 in 3, 12 leë balle) was die groot gevaar. Die nasionale spankaptein Gerhard Erasmus (1/8 in 4, 17 leë balle) is die mees ekonomiese van die drie.
Erasmus op drie (49 nie uit nie van 30 b, 3x4, 3x6) en Old Boys se klubkaptein JP Kotzé (32 van 17 b, 4x4, 2x6), wat ooglopend gewig verloor het en fiks lyk vir die nuwe seisoen, was Old Boys se voorste lopiemakers.
Vir United het Klazinga (1/21 in 2, 6 leës) en Christian Schumacher (1/28 in 3, 6 leës) met die bal in die hand toegeslaan.
Old Boys kry opnuut 4 ligapunte en Erasmus is die speler van die wedstryd.
WANDERERS (140/7 in 20) klop CCD TIGERS (96/7 in 20) met 44 lopies.
Tigers het beslis goed teen die gasheer geboul. Nadat Niko Davin Saterdag 105 onoorwonne lopies geslaan het, is hy dié keer goedkoper deur Helao Ya France vir 19 uitgeboul.
JJ Smit op vier (36 van 30 b, 3x6) en Nyasha Nyashadzaishe op ses (25 van 18 b, 3x4, 1x6) was Wanderers se leiers op die telbord.
Ya France (3/21 in 4, 9 leë balle) het die boulaanval gelei. Nicol Loftie-Eaton (2/23 in 4, 8 leë balle) was ewe ekonomies, hoewel Ben Shikongo (1/31 in 4, 11 leë balle) teen 7.75 per boulbeurt ietwat duurder was.
Nyashadzaishe (1/20 in 4, 12 leë balle) het eerste vir Wanderers met Norbert Mayande se paaltjie toegeslaan. Danie van Schoor neem 3/20 in 4 (10 leë balle).
Loftie-Eaton (21) en Ramon Wilmot (17) is Tigers se beste kolwers. Wanderers verdien 4 ligapunte.
SATERDAG
WHS Old Boys 1 (214/3 in 20) klop CCD Tigers 1 (156/8 in 20) met 58 lopies by Wanderers.
Old Boys se topkolwers was Zane Green (81 nie uit nie) en JP Kotzé (46). Van Tigers se boulers het Helao Ya France, Nicol Loftie-Eaton en Quincy Beukes elkeen een paaltjie geneem.
In Tigers se antwoord met die kolf het Joshuan Julius (57) en Ya France (36) aan die gang gekom teen Old Boys se topboulers soos Tangeni Lungameni (4/25 in 4, speler van die wedstryd) en Shaun Fouché (2/33 in 4).
• In wedstryd 2 by Wanderers het die gasheerspan 195/2 in 20 opgestapel om United 1 (96/7 in 20) met 99 lopies af te ransel.
Niko Davin se honderdtal (105 nie uit nie van net 62 balle, 10x4 4x6) was die hoogtepunt wat hom speler van die wedstryd gemaak het, aangevul deur nog vuurwerke van JJ Smit (46 van 23 balle, 1x4 5x6) en die vroeër 36 van 34 balle deur JC Balt.
Vir United het Handré Klazinga en Tiaan Brandt elk een paaltjie geneem.
Die hoogtepunt van United se kolfbeurt was Darren van Dyk met 39 van 50 balle (2x4 2x6). Vir Wanderers het die lang draaibouler JC Balt met 4/12 in 4 uitgeblink, onder meer deur vir Van Dyk agter die paaltjies deur sy kaptein Michau du Preez te laat uitvang, tesame met die o.19-bouler Hansie de Villiers (2/10 in 3).
• Puntestand: Ná twee wedstryde elk is Old Boys en Wanderers beide onoorwonne met die volle agt punte, gevolg deur CCD Tigers (derde) en United, beide met nul.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie