Old Boys opnuut die titelhouer

Krieket
Die land se twee toonaanaangewende klubs is teen mekaar opgeweeg, met die diepte van WHS Old Boys was die oorhand gekry het.
Tielman van Lill
’n Vurige en vasbeslote Ceiling Centre WHS Old Boys-span (322 vir 7) het in Saterdag se finaal vir Samsung Wanderers (180 almal uit) tot ’n oorwinning met 142 lopies geboelie om die titel in Krieket Namibië se eendagpremierliga te behou.

Vir Old Boys het alles deur die dag 100 persent reg verloop om die titel vir die derde jaar op ’n streep te buit. Met gereelde en slim afwisseling van die altesame nege boulers wat JP Kotzé as kaptein ingespan het, het hy die patroon volgehou wat dié seisoen vir hulle gewerk het.

In ’n opwindende stryd wou sake nie vir die gasheerspan vlot nie, behalwe die opskiet van die munt wat reg geval het.

Die besoekers is terstond deur instaankaptein Ruben Claassen ingestuur om te kolf op ’n blad wat nie veel hulp aan die boulers verleen het nie. Die Hingste se gereelde leier Nicolaas Scholtz was nie beskikbaar nie in afwagting op die aankoms van die nuutste byvoeging tot sy gesin.

Wesley Anderson (3 lopies, 7 balle) het gou sy paaltjie verloor. Maar sy aanvangsvennoot Gerhard Janse van Rensburg het 85 lopies (122 b, 5x4, 3x6) in ’n stewige 94-vennootskap saam met Dylan Leicher (51 van 69 b, 5x4, 1x6) getimmer.

Dit wou lyk of Old Boys na ’n goeie 260-plus in sy 50 beurte op pad was, maar kaptein JP Kotzé het ’n storm ontketen en teen 167 persent sy lopies geslaan. Voor sy aanslag begin het, het die besoekers teen net meer as vier lopies per boulbeurt gekolf, maar Kotzé het die tempo tot meer as ses verbeter.

Janse Van Rensburg en Kotzé (84 van 50 b, 8x4, 5x6) het met ’n 130-vennootskap die telbord aan die rol gehou. Beide is in die 41ste boulbeurt uit.

Old Boys se kolfstert het gevaarlik geswaai met Zhivago Groenewald (30 van 20 b, 2x6) en Dirk Theunissen (34* van 24 b, 3x4, 1x6) se bydraes en ná 27 ekstras (17 wydlopers, vier foutballe) was Wanderers onder geweldige druk om ’n wenteiken te behaal.

Vir Wanderers het die 14-jarige Francois du Plessis 3 paaltjie vir 44 lopies geneem, Louis Peters 2/69 en Danie van Schoor 1/64.

Old Boys se val van paaltjies: 1/21 (Anderson, 3.1 bb), 2/115 (Leicher, 26.5), 3/245 (Kotzé, 40.1), 4/249 (Janse van Rensburg, 40.5), 5/258 (Malan Kruger, 42.5), 6/261 (Donovan Zealand, 43.4), 7/316 (Groenewald, 49.5).

AKKURATE BOULWERK

Die boulers van Old Boys het die Wit Hingste min ruimte gegun en vennootskappe is op ’n gereelde basis gebreek. Kotzé het die eerste 21 beurte vier draaiers ingespan en eers daarna sy naatboulers begin gebruik.

Wanderers het vir die eerste agt beurte teen 6.75 per boulbeurt gekolf, maar met Davin uit het die tempo eers tot 5.9 gesak en daarna tot 5.33, 4.52 en 4.26 verswak. Met Du Preez in die middel het dit tot 4.73 opgekruip, maar ná sy vertrek was die skrif aan die muur. Die gasheer moes ná die 34ste teen meer as 10 per beurt lopies aanteken wat buite bereik was.

Die aanvangskolwer Niko Davin met 40 en die paaltjiewagter Michau du Preez op vyf (54 lopies) was Wanderers se beste presteerders op die dag. JC Balt (15) en nommer sewe Olivin Glen-Spyron (25) was die beste van die res, maar die span is vir altesaam 67 kry.

Old Boys se draaiers Zhivago Groenewald (2/41), Donovan Zealand (2/39) en Malan Kruger (2/20) het elk twee slagoffers ingeoes, terwyl die snelboulers Melrich Robyn (1/13), Janse van Rensburg (1/0) en Dylan Leicher (2/12) die res afgehandel het.

Wanderers se val van paaltjies: 1/54 (Davin, 7.6 bb), 2 2/59 (LP van der Westhuizen, 9.6), 3/64 (JC Balt, 12.1), 4/77 (Colin Schoonbee, 16.5), 5/98 (Claassen, 23.1), 6/161 (Du Preez, 34.1), 7/162 (Olivin Glen-Spyron, 34.3), 8/166 (Danie van Schoor, 35.4), 9/174 (Du Plessis, 37.5), 10/180 (Dewald Nell, 40.3).

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer