Old Boys wen veld met maklike sege
Krieket
NIS CCD Tigers het Trustco United Saterdag met 4 paaltjies geklop, terwyl AMH Motors Old Boys die kuskombinasie MR24/7 Welwitchias met 8 paaltjies op dieselfde dag oorskadu het.
United het op CCD se tuisveld in Pionierspark eerste in hul eendagpremierligawedstryd gekolf. United is tot 116 almal uit in 35 boulbeurte beperk.
Tigers moes 117 teen 3.35 per boulbeurt jaag om die kragmeting te wen. Met slegs 25 afgestuur, het die gasheerspan met 120 vir die verlies van 6 paaltjies die oorwinning verseker.
Stephen Baard (60 van 57 balle, 6x4) en Ryan Moffet (31 van 62 b, 1x4) het die beste vir Tigers gevaar. Henry Hayes (44, 50 b, 3x4, 2x6) het ’n dapper, maar eensame stryd teen CCD Tigers se boulers gevoer.
Tigers se Tawanda Sithole het 4 paaltjies vir 12 lopies in 10 bb geneem en Mauritius Ngupita 3/41 in 10. Vir United was Christian Schumacher (3/19 in 5) sy beste bouler.
VYFTIG VIR VAN RENSBURG
Die Welwitschias het Saterdag 155 almal uit in 43.1 bb teen Old Boys in hul eendagpremierligawedstryd by Wanderers-veld aangeteken.
Old Boys het soos verwag min probleme ondervind om die Welwitschias se totaal met 156/2 in 25.5 te oortref om die kragmeting met 8 paaltjies te wen.
Die Welwitschias se meeste lopies het van Simon Shikongo (42 van 75 b, 4x6), Samson Chivi (36 van 31 b, 4x4, 1x6) en Tawanda Ngwenya (25 van 55 b, 1x4) gekom.
Old Boys se Malan Kruger (35 van 33 b, 4x4, 2x6), Gerhard Janse van Rensburg (53 van 75 b, 2x4, 1x6) en JW Visagie (42 nie uit nie van 48 b, 3x4, 1x6) het die Welwitschia-boulers nie ontsien nie.
Ado Iita (1/20 in 2.2) en Hanro Badenhorst (1/33 in 5) het met bal in die hand vir die kusspan geslaag. Vir Old Boys het Donovan Zealand (2/9 in 7) en Henry van Wyk (2/28 in 7) elk twee keer toegeslaan.
Huidige puntestand:
1 Wanderers (wen 6 uit 7) 24 punte.
2 Old Boys (wen 6 uit 7), 24.
3 Tigers (wen 3 uit 5) 12.
4 United (wen 1 uit 8) 4.
5 Welwitschias (wen 1 uit 7) 4.
GERRIE SLAAN TWEEHONDERD
Gerrie Snyman, 41-jarige voormalige Namibiese staatmakerkolwer, het Saterdag amok gemaak met ’n tweehonderdtal in ’n laerliga-T20-wedstryd op Walvisbaai.
Snyman het vir Blue Waters se tweede span teen Sparta gespeel en as kolwer nommer drie het hy ná 0.4 boulbeurte op 2/1 ingestap.
Teen die tyd dat hy met die heel laaste bal uitgeboul is, het hy 220 lopies van 80 balle gemoker, met ’n ongenadige 22 sesse en 18 viere.
Sy mees doeltreffende kolfmaat was Esau Heynes, ook bekend as ’n skeidsregter, met 41 van 30 balle (4x4 2x6), wat Blue Waters op ’n onbereikbare 282/3 in 20 boulbeurte laat eindig het.
Die arme Sparta is hierna tot 51/8 beperk, wat vir Blue Waters ’n sege met 231 lopies beteken het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie