Onoorwonne Kudus, Hingste bly op koers
Klubrugby
Die twee onoorwonne spanne in die Namibië Rugby-unie se premierliga het Saterdag hul rekord met oortuiging volgehou, naamlik die voorloper FNB Kudus en FNB Wanderers.
Op Walvisbaai het Kudus met 31-6 te veel skietgoed vir die besoekende Reho Falcon gehad, wat vir die vierde keer op ’n streep aan die verloorkant was.
Kudus het vyf drieë gedruk en sodoende ’n bonuspunt bygevoeg, te danke aan die vyfpunters deur heelagter Aston Mukwiilongo, regtervleuel Zane Williams, binnesenter Justin Newman, haker Jarren Koning en die plaasvervangersenter Michael Hummel.
Losskakel Aurelio Plato het drie keer verdoel, teenoor Reho Falcon se heelagter Franklin Busch wie se twee strafdoele sy span se enigste punte was.
Kudus se agtsteman en kaptein Cameron Langenhoven sê die wedstryde in ’n winderige Jan Wilkenstadion was nie een waarin sy span tot hul volle potensiaal gespeel het nie.
“Die wind het gewis sake bemoeilik. Ons sal die volgende weke gebruik om ons strategie meer te verfyn, voor ons volgende wegwedstryde.”
Kudus het nou ’n afnaweek voor hy op 21 Mei teen Wanderers in Windhoek gaan speel.
WANDERERS FISIEK
Die fisieke aanslag van Wanderers in die kontakpunte het Saterdag die weg gebaan vir sy tuisoorwinning met 45-10 teen FNB Western Suburbs.
Nadat beide spanne vooraf op elf ligapunte was (Wanderers met een wedstryd minder gespeel), het die Wit Hingste egter vier punte bygevoeg en die Khomasdallers verhoed om enigsins aan te beweeg.
Die inklimspel wat Wanderers as baldraers én verdedigers gelewer het, hetdie groen-en-wit streeptruie deurgaans op die agtervoet gedwing.
Vir Wanderers het senter Bredell Wessels twee drieë gedruk. Regtervleuel Nandi Karuuombe het van die halflyn af munt geslaan toe ’n Suburbs-aanval nie kon deurdring nie en skeefgeloop het, terwyl Obert Nortjé (haker) van ’n lynstaandryf oorgebeur het.
Linkervleuel Ryan Coetzee is ook vir ’n netjiese drie met ’n teenaanval en goeie hanteerwerk deur sy binnespelers oorstuur, wat Wanderers rustyd op 31-10 ten volle in beheer van sake geplaas het.
Geel kaarte vir stut Frans van Wyk en slot Erik Strauss het wel die tuisspan se spoed in die tweede helfte ietwat gebreek.
Met een van hul min doeltreffende aanvalskanse het Suburbs hul regtervleuel Morgan Esterhuizen wel vir ’n netjies drie in die hoek deurgestuur, met ’n doelskop en strafdoel deur losskakel Biza Willemse.
UNAM TERUG OP WENPAD
Ná hul opspraakwekkende nederlaag teen Kudus op Walvisbaai, het FNB Unam terug op koers beweeg deur sy tuiswedstryd teen Trustco United met 35-14 te wen.
Die wenlose United was vroeg met 10-0 voor ná drieë deur senter JD Nel en flank Naudé Neethling, beide verdoel deur skrumskakel Oela Blaauw.
Unam se eerste twee drieë deur heelagter Aljarreau Zaahl en Oderich Mouton is beide deur losskakel Delron Brandt verdoel (14-14).
Vleuel Shareave Titus was volgende met ’n verdoelde solodrie wat die studentespan rustyd met 21-14 voor geplaas het.
Die Filistyne was toe nog binne trefafstand, maar ’n drie deur Unam se kaptein en senter Alcino Izaacs het dit tot 28-14 gerek.
’n Keerpunt was toe Naudé Neethling ’n rooi kaart gekry het toe hy Unam se skrumskakel in die gesig raakgetrap het. Oderich Mouton se tweede drie is met die laaste beweging van die dag aangeteken.
REHOBOTH KLOP GROOTFONTEIN
Rustyd was daar min te kies op Rehoboth, met FNB Rehoboth 7-3 voor teen FNB Grootfontein – en so het dit enduit verloop tot die tuisspan met 24-22 gewen het.
Vir die Rooi Bulle het die reserwebank ’n merkbare verskil gemaak, met drie van die driedrukkers (Chase Diergaardt, Bayern Bayer en Geraldo Beukes). Haker Delano Coetzee het ook ’n drie gedruk, terwyl Beukes en skrumskakel Miguel Busch elk met een doelskop getref het.
Grootfontein se kaptein Wikus Jacobs sê die speelveld het bygedra dat hulle drie voorspelers met beserings verloor het, naamlik die stutte Nelius Theron (harsingskudding) en Bernd Beddies (enkelligamente), asook die slot Meraere Kaapama (knie).
Die verloorspan se driedrukkers was agtsteman Johan Luttig, flank Oliver Mouton en die reserweslot Marthinus Nekundi. Binnesenter Dehan Reynders het twee doelskoppe en ’n strafdoel bygevoeg.
• Rehoboth is bestem om komende Saterdag sy wedstrydbepaling by Wanderers na te kom, wat vroeër vanweë die noodlottige ongeluk van hul voorspeler Cameron McNab uitgestel is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie