Ontluikende sterre onder die loep geplaas
Krieket
Die juniors se vertoning by die Wêreldbeker in Suid-Afrika kan 'n goeie aanduider van die toekomstige vooruitsigte wees.
Dat 2024 nog ’n groot jaar vir krieket in Namibië gaan wees, is nie altemit nie.
Die Richelieu Eagles, Namibië se senior manskrieketspan, en die o.19 Walvis Bay Salt Eagles is beide bestem om Namibië by twee ICC Wêreldbekertoernooie te verteenwoordig.
Die junior span is reeds in Suid-Afrika waar hulle vir die Internasionale Krieketraad (ICC) se15de o.19-eendagwêreldbeker in Pretoria voorberei.
Ter opwarming het die jongmanne laas Sondag hul eerste nie-amptelike opwarmwedstryd teen Skotland gespeel. Die Skotte het by die Groenkloofveld 269/9 opgestel en nadat speeltyd weens reën verlore gegaan het, is die Namibiërs daarna tot 153/6 in 31 boulbeurte beperk, wat Skotland volgens die DLS-metode met 38 lopies laat wen het.
Hoogtepunte in die Namibiese boulvertoning was Zacheo van Vuuren se vyf paaltjies vir 54 lopies in tien boulbeurte (een leeg). Die draaibouler Henry van Wyk se sewe boulbeurte het net 18 lopies gekos.
Namibië het Hansie de Villiers vir nul verloor, maar Gerhard van Rensburg (36 van 33 balle, 7x4) en JW Visagie (44 van 50 balle, 8x4) het ’n vennootskap van 78 lopies opgebou. Ryan Moffett (2) is b.v.p. betrap, voordat kaptein Alex Volschenk 38 van 55 balle aangeteken het (2x4 1x6).
Die goed gebalanseerde Namibiese span onder die afrigting van Oscar Nauhaus speel vandag ’n nie-amptelike oefenwedstryd teen Nepal. Saterdag is hul eerste amptelike opwarmingswedstryd teen die VSA en Ierland kom die volgende week Dinsdag aan die beurt.
DIE TOERNOOI
Die o.19-toernooi met 16 spanne begin op Vrydag 19 Januarie by die Mangaung-ovaal in Bloemfontein.
Elf spanne het as volle ICC-lidlande direk weens hul eindposisie in die 2022 WB gekwalifiseer. Dié elf is Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Ierland, Pakistan, Suid-Afrika, Sri Lanka, Wes-Indië en Zimbabwe.
Vyf plekke vir streekkwalifiseerders was beskikbaar, naamlik een elk vir Afrika, die Amerikas, Asië, Europa en Oos-Asië-Stille Oseaan. Namibië het die Afrika-toernooi in Tanzanië onoorwonne afgesluit, terwyl VSA (Amerikas), Nepal (Asië), Skotland (Europa) en Nieu-Seeland (Oos-Asië-Stille Oseaan) die ander plekke opgeraap het.
Die Namibiese juniors is in ’n moeilike groep geloot. Hul eerste botsing in Groep C is op 22 Januarie teen Australië gevolg deur Sri Lanka twee dae later. Hul laaste groepwedstryd is teen Zimbabwe op 27 Januarie. Die Groep C-spanne se wedstryde word almal in Kimberley by die Diamand-ovaal gespeel.
Die verdedigende kampioen, Indië, is saam met Bangladesj, Ierland en die VSA in Groep A. In Groep B sal Engeland, Suid-Afrika, Wes-Indië en Skotland kragte meet met Afghanistan, Pakistan, Nieu-Seeland en Nepal wat mekaar in Groep D sal aandurf.
Die topdrie spanne van elke groep sal na die Super 6-ronde met twee groepe vorder.
Elke span in die Super 6-ronde sal die aantal ligapunte, seges en netto lopietempo oordra wat hulle in groepwedstryde teen hul medekwalifiseerders vir die Super 6 verdien het.
Die twee semifinale geskied op 6 en 8 Februarie by Willowmoorepark, terwyl die finaal op Sondag 11 Februarie by dieselfde venue in Benoni plaasvind.
TOERGROEP
Die Walvis Bay Eagles o.19-spelersgroep is Alexander Volschenk (kaptein), Gerhard Janse van Rensburg (onderkaptein), Hanro Badenhorst, PD Blignaut, Ben Brassell, Jack Brassell, Hansie de Villiers, Francois du Plessis, Junior Kariata, Wouter Niehaus, Nico Pieters, Ryan Moffett, Zacheo Janse van Vuuren, Henry van Wyk en JW Visagie.
Die ondersteuningspan is Oscar Nauhaus (afrigter), Polly Negongo (bestuurder), Kirsten Penzhorn (fisioterapeut), Timothy Yates (tegniese ontleder) en Riaan Minnie (video-ontleder).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie