Ontwikkeling in muurbal aangedryf

Muurbal
Een-en-twintig Namibiese muurbalspelers het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Plattelandtoernooi op George deelgeneem.

Al het hulle nie enige kategorie gewen nie, het die spanne hul merk gemaak en waardevolle ervaring opgedoen.

Die spanne was:

Mans A (1): Max Endjala, Emil Dörgeloh, Angelo Titus, Immanuel Amarongo, Henry Smit.

Mans A (2): Danie Greeff, Norbert Dörgeloh, Christof Knoetze, Michau Basson, Steven Berry.

Mans B: Franco Lambert, Nelson Herunga, Janré Olivier.

Vroue A: Adri Lambert, Jessica Moore, Jacolene Steenkamp, Caricia Basson.

Vroue B: Chantel de Gouveia, Hendrina Louw, Kirsten Wolhuter, Liezl Wijgergangs.

OOS-LONDEN

’n Namibiese manspan bestaande uit Max Endjala, Brandon Grane, Danie Greeff, Emil Dörgeloh en Immanuel Amarongo het vandeesmaand in Oos-Londen aan die uiters kompeterende Suid-Afrikaanse Muurbalkampioenskap deelgeneem.

Die span het ná strawwe kompetisies vierde in die C-afdeling geëindig en die spelers het beslis hul man gestaan. Namibië neem sedert 2013 aan die toernooi deel, met Danie Greeff en Max Endjala wat reeds ses verskynings gemaak het het.

Dr. Rudi Koekemoer, president van die Namibiese Muurbalvereniging (NSA), sê muurbal groei steeds.

“Ondanks die pandemie was die herlewing in muurbal die afgelope dekade verstommend. Die groeiende belangstelling onder die jeug in Windhoek, Walvisbaai en Swakopmund is die resultaat van die inspirerende afrigting van Sean Wathen, Devon Savage, Torben Winterbach, Immanuel Amarongo en Max Endjala.

“’n Spesiale woord van waardering aan ons borge wat die sport in staat gestel het om te groei. Dit sluit in BDO Namibia, Visions Consulting, Pupkewitz, WB Hardware & Building Supplies, Total Sports, Seaworks, Supatronix, Namib Diesel, FNB, Slowtown, Sanlam, Bank Windhoek, Perfect Water, die koerante asook Trustco om 'n paar te noem.

“Twee gesertifiseerde afrigters van die Wêreldmuurbalfederasie, Konny Höllein (Oostenryk) en Volker Knerr (Duitsland), gaan Oktober na Swakopmund verhuis en sal by muurbalontwikkeling in Namibië betrokke raak.

“Hulle sal die bestaande afrigters bystaan en veral by ontwikkeling in minder gegoede gemeenskappe betrokke wees. Muurbal het soos enige sportkode die vermoë om hoop te bring en ’n gesonde produktiewe leefstyl te bevorder.

“Nelson Mandela het gesê sport het die vermoë om die wêreld te verander, om te inspireer en om mense te verenig op ’n manier wat min ander doen. Dit spreek tot die jeug in ’n taal wat hulle verstaan.”

• Die BDO Namibiese Ope Muurbalkampioenskap vind van 16 September by die Wanderersbane in Windhoek plaas en beloof om onvergeetlike medediging vir die gesogte titels op te lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!