Opbou na Cycle Challenge begin

Padfietsry
Die byeenkoms in sy vierde dekade is 'n viering van alles wat goed is in Namibië.
Tielman Van Lill
Die 2023 Nedbank Cycle Challenge, ondersteun deur Coca-Cola, NHP en PayToday wat op Sondag 12 Februarie voorlê, is gister by die hoofborg se Nedbank-kampus in Windhoek bekendgestel.

Deelnemers kan die Saterdag voor die resies van 14:00 tot 16:00 op die grondvloer van die Nedbank-kampus registreer. Afstande in vanjaar se byeenkoms is 20, 30, 60 of 100 kilometer, in die gebruiklike onderskeie ouderdomsgroepe asook elite ryers.

Die spertyd vir inskrywings is 00:00 op Woensdag 8 Februarie. Inskrywingsgeld vir die 20 km, 30 km en 60 km is N$140 per ryer, terwyl die 100 km N$220 per deelnemer kos. Ryers wat nie oor ’n “transponder” beskik nie, kan een teen N$30 vir die kompetisie huur. Inskrywings kan slegs aanlyn by https://site.paytoday.com.na/nedbank-cycle-challenge/ gedoen word.

JG van Graan, Nedbank se finansiële hoofbeampte, het gesê: “Dis met groot entoesiasme dat ons vanjaar se kompetisie bekendmaak. Ons is die afgelope 37 jaar die trotse borg van hierdie mededingende byeenkoms wat oor die jare die fietsrylandskap in Namibië help floreer het.

“Daarom is ons geweldig trots op hierdie kompetisie wat een van die voorste vertoonvensters vir Namibiese sport is.

“Namibiërs kan enigiets bereik. Ons almal deel dieselfde dors vir sukses. Of jy ’n entrepreneur, leier, bestuurder of atleet is, dis my opregte wens dat elkeen van ’n opwindende 2023 ’n sukses sal maak. Hou aan om goed te doen en bevorder fietsry in hierdie mooi land waarin ons tuis voel.”

Me. Agnes Tjongarero, minister van sport, jeug en nasionale diens, het in haar toespraak gesê: “Sportkompetisies speel ’n belangrike rol in die ontwikkeling van enige nasie. Dit bring mense byeen, bevorder ’n gesonde leefstyl en kweek ’n gevoel van nasionale trots.

“Die Nedbank Cycle Challenge is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Dit spoor Namibiërs aan om gesonder te leef en persoonlike uitdagings aan te pak.

“Dis bewys dat kinders wat aan sport deelneem, akademies beter vaar en meer gedissiplineerd is. Hul bywoning van klasse is meer gereeld en hulle is gesonder as onaktiewe kinders. In Namibië het ons eerstehands gesien watter positiewe impak sport op onderwys kan hê. Programme wat sport en fisieke aktiwiteit in die skoolkurrikulum integreer, moet dus voortgaan.

“Sport het die wonderlike manier om mense byeen te bring,; dit kweek spanwerk en dissipline wat noodsaaklik vir die groei van enige nasie is. Daar moet meer in sport belê word.

“Ek is trots om as minister van sport te sê dat sport in Namibië floreer. Namibië moet sy voorbereiding vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, na die hoogste rat oorskakel.

“Baie dankie aan Nedbank wat as korporatiewe entiteit die perfekte voorbeeld is wat in sport belê. Ek wil elke Namibiër aanspoor om by sport betrokke te raak. Sterkte aan elke ryer wat aan die Nedbank Cycle Challenge deelneem en streef om jou fisieke perke te oorskry.

“Bly veilig en sterk en die belangrikste is om die rit te geniet.”

Die eerste drie plekke in elke ouderdomsgroep op die onderskeie roetes sal medaljes ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!