Opgewondenheid en afwagting in Birmingham
Statebondspele
Die president van die Namibië Nasionale Olimpiese Spele (NNOC), Abner Xoagub, het ’n beroep gedoen op positiewe gesindheid terwyl die land se uitsoekspan gereed maak om aan die 2022 Statebondspele in Birmingham mee te ding.Die laaste groep Namibiese atlete in die Statebondspelespan het Dinsdag in Engeland aangesluit.
“Ons het nou almal veilig in Birmingham aangekom en is Dinsdag amptelik by die dorp verwelkom. Die Namibiese hoë kommissaris was ook by die verwelkomingseremonie.
“Ons het ons tuisgemaak en die atlete het begin met hul opwarming en oefeninge,” het Xoagub gesê.
Xoagub sê die gees in die kamp is een van opgewondenheid en dat alle atlete daar is om Namibië met vlieënde vaandels te verteenwoordig.
“Ons sê dankie aan almal wat bygedra het tot die span se ontwikkeling, oefening, kwalifisering en finale voorbereidings. Staan agter die Namibiërs, want niemand sal ons keer nie,” het die president bygevoeg.
Xoagub sê hy het gehoor van die beskuldigings van onder meer nepotisme wat die atletiekafrigter Letu Hamhola eergister op ’n nuuskonferensie teen die NNOK-direksie gemaak het.
Xoagub meen egter dis nie die regte tyd om hierop te antwoord nie.
“Die NNOK / Statebondspelefederasie se uitvoerende raad sal op sy Augustus-vergadering oor die bewerings moet besluit. As ’n beginsel, sal ons reageer indien en wanneer ’n formele skriftelike klag deur ons lede ingedien word,” het Xoagub bygevoeg.
Namibië word deur 33 atlete by die Statebondspele verteenwoordig.
• Die Namibiese span:
ATLETIEK: Helalia Johannes, Alina Armas en Tomas Rainhold (marathon), Christine Mboma (200 meternaellope), Ryan Williams (skyfwerp), Gilbert Hainuca (100), Mahmad Bock, André Retief (ook 400-hekkies) en Ivan Danny Geldenhuys (400 m), Daniel Paulus (5 000 m).
PARALIMPIESE ATLETIEK: Ananias Shikongo 100 m (T11-klas vir blindes), Bradley Murere 100 m (T47, regterarm geamputeer).
BOKS: Jonas Junias (liggewig, 57–60 kg), Tryagain Ndevelo (veergewig, 54–57 kg).
ROLBAL: Cabous Olivier (parespel en enkelspel), John-Pierre (JP) Fouché (parespel).
FIETSRY: Hugo Hahn (bergfiets), Alex Miller en Xavier Papo (bergfiets en resiesfiets), Tristan de Lange (resiesfiets), Vera Looser, Anri Krugel, Jean-Paul Burger en Drikus Coetzee (individuele tydtoets en resiesfiets).
SWEM: Xander Skinner (50 m vlinderslag en 100 vryslag), Ronan Wantenaar (50 en 100 borsslag).
TRIATHLON: Imke Jagau, Anri Krugel en Divan du Plooy (individueel en spankompetisie), Drikus Coetzee en Jean-Paul Burger (gemengde aflosspankompetisie).
STOEI: Romio Goliath (57 kg), Jason Afrikaner (65 kg).
• Die program van items waarin die Namibiese span vir die eerste paar dae belange het:VRYDAG 29 Julie Swem 50 m vlinderslaguitdunne – 11:30-13:30.
Triathlon mans en vroue individuele kompetisie (finaal) – 12:00-17:00.
Boks ligweltergewig 60-63,5 kg, ronde van 32 – 14:00-16:45.
Rolbal 17:00: parespel (ronde 1 & 2).
Swem 50 vlinderslagsemifinale – 20:00-23:00:.
Boks ligweltergewig (ronde van 32) – 20:30-23:00.
SATERDAG 30 Julie
Marathon mans- en vrouefinaal 08:00-14:30.
Swem 100 borsslaguitdunne – 11:30-13:30.
Boks (veergewig 54–57 kg uitdunne) – 14:00-17:00.
Rolbal parespel (ronde 3 & 4) – 17:00-22:15.
Boks Veergewig (ronde van 32) – 20:30-23:00.
Swem, 50 vlinderslagfinaal, 100 borsslagsemifinale – 21:00-00:15.
SONDAG 31 Julie Rolbal Parespel (ronde 5) – 10:30-15:45.
Swem 100 vryslag-uitdunne – 12:30-14:15.
Triathlon, gemengde aflosspan (finaal) – 13:00-18:20.
Boks, ligweltergewig (ronde van 16) – 14:00-17:00.
Rolbal, parespel (kwarteindronde) – 17:00-22:15.
Boks, ligweltergewig, ronde van 16 – 20:30-23:15.
Swem , 100 vryslagsemifinale, 100 borsslagfinaal – 21:00-23:45.
MAANDAG 1 Augustus Rolbal, parespelsemifinale – 10:30-17:15.
Swem 50 borsslaguitdunne, 100 vlinderslaguitdunne – 12:30-15:00.
Boks (veergewig 54-57 kg, ronde van 16) – 14:00-17:00 en 20:30-23:30:
Swem 100 vryslagfinaal, 50 borsslagsemifinale, 100 m- vlinderslagsemifinale – 21:00-00:00.
DINSDAG 2 Augustus Rolbal parespelfinaal; enkelspel (ronde 1) – 10:30-17:00.
Atletiek Mans 100 uitdunne; mans diskusgooi kwalifiserende groepe A & B – 12:00.
Swem, 50 vryslaguitdunne – 12:30-15:45.
Atletiek mans T45-T47-klas 100-uitdunne en finaal; mans 400-hekkiesuitdunne – 20:30-00:00.
Swem 100 vlinderslagfinaal, 50 vryslagsemifinaal, 50 borsslagfinaal – 21:00-00:15.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie