• Tuisblad
  • Sport
  • Oud-All Black gevonnis ná hy geld by sy oupa steel

Oud-All Black gevonnis ná hy geld by sy oupa steel

Rugby
Die voormalige Nieu-Seelandse rugbyspeler Zac Guildford is tot nege maande detensie in sy huis gevonnis vir twee afsonderlike bedrogsake waarby sy familie en ’n vriend ook betrokke was.

Die 33-jarige Guildford het Vrydag in die Masterton-distrikshof verskyn nadat hy erken het dat hy NS$41 500 van sy oupa via ’n aanlyn bankrekening gesteel het.

Hy het ook erken dat hy in Mei bedrog gepleeg en NS$60 000 van ’n vriend gesteel het om te dobbel.

“Wat dit so ernstig maak, is dat dit gedoen is met iemand wat kwesbaar is,” het regter Noel Sainsbury volgens die webwerf Stuff in sy uitspraak gesê.

“Dit was ’n erge vertrouensbreuk en die uitwerking van die daad sal nog vir ’n lang tyd deur die familie gevoel word.”

Guildford is ook Vrydag vasgetrap omdat hy bestuur het al is sy lisensie in Augustus verlede jaar opgeskort.

Sy prokureur, Fionnuala Kelly, het gesê Guildford het groot berou oor sy optrede.

“Zac is dankbaar dat die saak nou afgehandel is. Die uitkoms van ’n gemeenskapsgegronde vonnis is van pas.

“Hy besef beslis die skade wat sy verslawing en sy optrede aan sy familie, die slagoffers en die groter gemeenskap berokken het.”

Guildford is op ’n tyd as een van Nieu-Seeland se belowendste rugbyspelers beskou.

Hy het tussen 2009 en 2012 in tien toetse vir die All Blacks gespeel en het as lid van Nieu-Seeland se sewesrugbyspan ’n goue medalje by die Statebondspele in 2010 gewen.

Maar hy het hom vergryp aan alkohol en dobbelary en het vir ’n geruime tyd reeds met geestelike probleme geworstel.

Hy is verlede jaar in Hamilton ook tot twee jaar se intensiewe toesig gevonnis omdat hy ’n vrou in die gesig geslaan het.

– Reuters, Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!