Tiaan Swanepoel sool die bal in ’n Curriebeker-wedstryd vir die Leeus verlede jaar op Ellispark in Johannesburg. Foto Gallo Images
Tiaan Swanepoel sool die bal in ’n Curriebeker-wedstryd vir die Leeus verlede jaar op Ellispark in Johannesburg. Foto Gallo Images

Oud-Leeu Tiaan na Namibië se WB-kamp genooi

Rugby
Marnus Kok
Tiaan Swanepoel, ’n veelsydige agterspeler wat vanjaar nog vir die Leeus uitgedraf het, kan Namibië straks later vanjaar in die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk verteenwoordig.

Swanepoel (27), ’n boorling van Windhoek wat oor ’n kanonpoot beskik, is na ’n oefenkamp van die Namibiese nasionale span genooi. Die kamp begin Maandag in Windhoek.

’n Woordvoerder van die Leeus het Vrydag gesê Swanepoel, wat skoolgegaan het aan die Hoërskool Stellenberg in Bellville en vir die Leeus meestal losskakel of heelagter gespeel het, is nie meer by hulle gekontrakteer nie.

Jay-Cee Nel (24), ’n veelsydige agterspeler van Griekwas wat tevore by die Blou Bulle was, is ook deel van die Namibiese oefengroep.

Die haker Louis van der Westhuizen, Aranos Coetzee (stut) en Wian Conradie (losvoorspeler), wat almal al toetsrugby vir Namibië gespeel het, sal hulle vir die tweede oefenkamp op 10 Julie by hul spanmaats aansluit.

Van der Westhuizen is op die Vrystaat-Cheetahs se plaasvervangersbank ingesluit vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen die Pumas in Bloemfontein.

Conradie het nog klubverpligtinge vir die New England Free Jacks vir wie hy in Amerika speel.

Namibië is saam met Nieu-Seeland, Frankryk, Italië en Uruguay in groep A vir die Wêreldbeker-toernooi geloot. Dié skouspel skop op 8 September af.

Die Biltongboere word afgerig deur die voormalige Springbok-breier Allister Coetzee.

– Bygewerk van Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!