Ovaalrenne beloof topklas aksie

Motorsport
Kampioenjaers van Suid-Afrika kom jaag volgende maand by die Tony Rust-renbaan.
Tielman Van Lill
Sonder om te oordryf, beloof die Shell V-Power International Oval Challenge om die grootste, vinnigste en raserigste te wees wat Namibiërs nóg beleef het. Motorsportentoesiaste kan solank ’n afspraak in hul dagboeke vir Saterdag 10 Junie maak.

Vivo Energy Namibia borg met sy Shell V-Power-handelsmerk die 2023 International Oval Challenge wat op dié datum deur Redline-motorklub by die Tony Rust-renbaan wes van die hoofstad aangebied gaan word.

Wilro Dippenaar en Jandré Dippenaar sal in die Rotary-klas teen die bestes van Suid-Afrika die Namibiese vlag laat wapper.

Behalwe die Namibiërs wat sake in die derde ronde van die nasionale ovaalbaankampioenskap uitspook, sal 26 ovaalbaanmonsters uit Suid-Afrika saam met die Dippenaars by Tony Rust in aksie wees. Tien van die karre is die gillende rotary-enjins.

Kaartjies kos N$100 en kinders jonger as 12 betaal net N$50. Kaartjies kan nou al in besigheidsure van Maandag tot Vrydag by PZN Panel Beaters in die Noordelike Nywerheidsgebied gekoop word.

Op die dag van die byeenkoms open die hekke om 11:00 en die kwalifiserende renne vir die onderskeie klasse begin teen 14:45. Die eerste resies (van drie) begin om 16:30 met vyf verskillende klasse op die propvol program. Die aand word met die King of the Oval-resies afgesluit.

Dippies Dippenaar, voorsitter van die organiseringskomitee, sê: “Ek is al lewenslank by motorsport betrokke en dis die eerste keer dat ons soveel deelnemers uit Suid-Afrika lok. Dit gaan ’n besonderse dag vir motorsportentoesiaste wees. Die jaers uit Suid-Afrika is van die beste in hul klasse en natuurlik is daar kampioene ook tussen hulle.

“Ons sal goeie kosstalletjies daar hê. Een ding wat ons nie wil hê nie, is dat toeskouers wat gedrink het vanaf die baan huis toe ry. Daar sal baie goeie sekuriteit wees. Mense kan hul karre by die baan los en eerder met gehuurde vervoer of saam met vriende huiswaarts keer. Hul voertuie sal oornag veilig wees met die sekuriteit wat ons daar gaan hê.

“Kom geniet ’n lekker dag saam met Redline-motorklub waar die beste jaers mekaar in opwindende renne gaan pak.”

Die byeenkoms word met die steun van PZN Panel Beaters, MAN Namibia, Interkaap-busdiens, Bush Bar en Kart Store Namibia CC aangebied.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!