Pa en seun wen Namibië se 'major'
GHOLF
Michael Tune (Snr) en Michael Tune (Jnr) het as oorwinnaars uit die stryd getree by die 2024 Nedbank Desert Classic-gholftoernooi, ook bekend as Namibië se Major, wat op 28 en 29 Desember by die Rössmund-gholfbaan in Swakopmund gehou is.
Die pa-en-seun-paar het 'n puik vertoning gelewer en 46 punte in die openingsronde en 48 punte in die laaste ronde aangeteken, wat die boonste plek met 'n algehele telling van 94 punte verseker het.
Hulle het nog 'n pa-en-seun-duo, Fritz Coetzee (jnr) en Fritz Coetzee (snr) wat ná rondes van 45 en 48 met 93 punte geëindig het, net-net uitgestof.
John Emuno en Gabriel Andreas het in die derde plek geëindig, ook met 93 punte, maar verloor met 'n uittel.
Met die terugblik op hul oorwinning het Tune Snr sy vreugde en dankbaarheid teenoor die organiseerders en borge uitgespreek.
“Ek het die afgelope tien jaar saam met verskillende spanmaats in hierdie toernooi gespeel. Ek het eers verlede jaar met my seun saamgespan, en ons het sesde geëindig. Om vanjaar teen sulke sterk kompetisie te wen, maak hierdie oorwinning nog soeter,” het hy gesê.
Volgens hom was hul terugkeer in die tweede ronde deurslaggewend, nadat hulle die voorlopers op die eerste dag met vier punte agter was.
“By die 18de putjie het ek vir my seun gesê ons is waarskynlik onder die top vier, maar hy was vol vertroue dat ons gewen het. Toe die uitslae bekend gemaak is, het ek besef hy is reg,” het Tune Snr gesê.
Die koördineerder van die toernooi Dan Zwiebel van DZ Golf het die byeenkoms se sukses geloof. “Ons het weereens 'n fantastiese toernooi aanskou. Ons is dankbaar teenoor Nedbank Namibia en Hollard vir hul ondersteuning en aan die spelers vir hul toewyding gedurende die feesseisoen,” het hy gesê.
Nedbank Namibië se uitvoerende hoof van bemarking en kommunikasie, Gernot de Klerk, het die bank se toewyding om gholf in Namibië te ondersteun, weer bevestig.
“Nedbank beoog om gholf se grootste vennoot in Namibië te bly. Baie geluk aan al die wenners en deelnemers,” het De Klerk gesê.
Die toernooi met 72 spanne (144 spelers), het die Better Ball Stableford gevolg met 'n ‘scramble drive’-formaat, wat opwindende en mededingende spel verseker het.
Die Desert Classic wat deur Nedbank Namibia en Hollard geborg word, bevestig steeds sy status as Namibië se voorste amateur-gholfgeleentheid, wat topspelers trek en jaar na jaar onvergeetlike oomblikke oplewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie