Paralimpiërs vaar goed in Frankryk

Atletiek
Tielman Van Lill
Met drie silwermedaljes sover kan Namibiërs opreg trots wees op hul siggestremde naellopers wat sedert 9 Julie by die Paralimpiese wêreldatletiekkampioenskap in Parys se Charlety-stadion hul land in die kollig geplaas het.

Johannes Nambala, Lahja Ishitile en Ananias Shikongo is Namibië se drie medaljewenners.

Ishitile het saam met haar gidshardloper, Sem Shimanda, vir gisteraand se T11-klas 200-finaal gekwalifiseer. Sy het teen Thalita Simplicio van Brasilië, Jerusa Gerber van Brasilië en die wêreldrekordhouer, Cuiqing Liu, van China gehardloop.

Sy het in die finaal vierde geëindig (25.62 s).

• Haar naamgenoot Lahja Ipinge het Sondagaand in die T12’s se 200-uitdunne in 26.65 sekondes met ’n persoonlike beste tyd tweede geëindig. Sy het vir die semifinaal gekwalifiseer wat gister afgehandel was waar sy vierde in 27.19 geëindig het.

Katrin Mueller-Rottgardt van Duitsland (25.54), Valentina Petrillo van Italië (26.00), Omara Durand van Kuba (23.58) en Alejandra Perez Lopez van Venezuela (25.89) het egter vir die finaal gekwalifiseer.

• Bradley Murere het gister vierde in sy T47-100-uitdun met 11.26 sekondes geëindig. Hy kon egter nie naby aan sy seisoensbeste van 11.03 kom nie en is dus nie een van die agt finaliste nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!