Parys 2024 wink vir brawe vroue
Padfietsry
Die Namibiese Fietsryfederasie se besluit om op die vrouespan se Olimpiese vooruitsigte te fokus, het sover redelik goed afgeloop.
’n Doelgerigte en hardnekkige vertoning gister van Namibië se span van vier vroue onder moeilike omstandighede by die Afrika-padfietskampioenskap in Accra, Ghana, het die land in ’n gunstige posisie geplaas om vir die 2024 Olimpiese Spele in Frankryk te kwalifiseer.
Courtney Liebenberg is ná ’n fotobeslissing vyfde geplaas, nadat die derde, vierde en vyfde ryers baie naby aan mekaar klaargemaak het.
Anri Krugel en Vera Looser het onderskeidelik sewende en agtste oor die eindstreep gejaag. Hoewel Melissa Hinz nie deel van die voorste bondel was nie, het sy ’n stewige 14de posisie behaal.
Hans du Toit, afrigter van die nasionale vrouespan, het vertel: “Met Melissa wat ook in ’n sterk posisie geëindig het, het Namibië 365 punte verdien in die wedloop om vir die2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, te kwalifiseer.
“Ons behoort op die oomblik 37ste van alle lande in die vrouewedloop na Parys geplaas te wees – ’n heelwat laer posisie as die 45 wat kan kwalifiseer.
“Die hitte was onuithoudbaar, erger as wat ek al ooit in Durban ervaar het. Die organiseerders was vooraf genoodsaak om die afstand tot 72 kilometer (ses rondtes) te verminder. Heelwat van die sterk ryers kon nie die pas volhou nie of moes tydens die wedren die handdoek gegooi.”
Die 29-jarige Looser was in 2016 die dubbele Afrika-kampioen (padresies en tydtoets) en het verlede jaar met 'n puik vierde posisie by die Statebondspele in Birmingham gewys dat sy nog geensins afgeskryf kan word nie.
Suid-Afrika was afwesig vanweë sy nasionale kampioenskap die afgelope naweek op Oudtshoorn, maar die ander Afrika-lande het naby aan hul beste voet voor gesit.
“Die Afrika-lande baie goed verteenwoordig met dalk die grootste veld wat ek nog gesien het – 48 ryers van Eritrea, Rwanda, Marokko, Mauritius, Algerië, Benin, Botswana, Burkina Faso, Kenia, Burundi, Ghana, Ivoorkus, Egipte, Ethiopië, Nigerië, Uganda en Zimbabwe. Welgedaan aan ons vrouespan,” sê Du Toit.
Dié vier musketiers het Woensdag ook verras deur ná Mauritius die silwermedalje in die spantydtoets in te palm.
• In nog ’n kompliment vir Namibië het die jong bergfietsryer Alex Miller saam met sy Suid-Afrikaanse spanmaat Phillip Buys (Pyga Euro Steel) gister die laaste skof van die vierdaagse Tankwa Trek in die Ceres-omgewing in die Boland gewen. Hoewel dié paar vroeër die eerste skof ook gewen het, het die RSA se Matt Beers en Tristan Nortjé die toeroorwinning ingepalm. ’n Meganiese terugslag in die derde skof het Miller-hulle, in hul eerste kompetisie saam, se vordering ’n ernstige terugslag gegee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie