Para
Para

Parys wink vir Paralimpiërs

Nege atlete met gestremdhede en hul gidshardlopers het gistermiddag na Frankryk se hoofstad Parys vir deelname aan die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPC) se 2023 wêreldatletiekkampioenskap vertrek. Vir die groepie baanatlete wat Namibië vanaf komende Vrydag tot 17 Julie sal verteenwoordig, is dit die laaste geleentheid om vir volgende jaar se Paralimpiese Spele (ook in Parys) te kwalifiseer. Die spanlede is die gesiggestremde naellopers Ananias Shikongo, Kinda Chris en Alfredo Bernado (T11-mans), Lahja Ishitile (T11) en Lahja Ipinge (T12), asook Johannes Nambala (T13); Bradley Murere (T47, geamputeerde arm), Petrus Karuli (T37, gestremde arm) en Denzel Namene (T44, gestremde been). Die gidshardlopers is Even Tjiviju, Hatango Murere, Kelvin Goagoseb, Philipus Paulus en Sem Shimanda. Die spanbestuur is Jean-Paul Schmidt (missiehoof), Michael Hamukwaya (spanbestuurder), Letu Hamhola (hoofafrigter), Naomi Schmidt (hulpafrigter) en Ruan Mocke (fisioterapeut). Foto Facebook (Jean-Paul Schmidt)

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!