PAS IN: Pupkewitz borg weer vir NRU
Nuusbreker
PAS IN: Pupkewitz Nissan het vandag sy borgskap aan die Namibiese Rugby-unie (NRU) met 12 maande verleng. Pupkewitz Nissan het twee dubbelkajuit Nissan Navara’s, een Nissan NP200-bakkie en ‘n Nissan Magnite by die Hage Geingob-stadion in Windhoek aan die NRU oorhandig. Van links is Petrie Theron (NRU-president), Veruschka de la Harpe (bemarkingsbestuurder Pupkewitz Nissan), Janse Jansen van Rensburg (handelaarshoof Pupkewitz Nissan), John Heynes (uitvoerende hoof van die NRU), Anton Westraadt (besturende direkteur Pupkewitz Nissan), Allister Coetzee (hoofafrigter van die Namibiese Wêreldbekerspan) en Nico Pieters (finansiële direkteur Pupkewitz Nissan). Foto Tielman van Lill
#Repnuus
#Repnuus
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie