Foto Jesse Jackson Kauraisa
Foto Jesse Jackson Kauraisa

#PasIn: Meevaller vir atlete en afrigters

Jesse Kauraisa
Die Namibië Sportkommissie (NSK) het vandag gesê dit het N$1,045 miljoen van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens ontvang om uitstaande geldelike belonings aan atlete en afrigters ingevolge die land se beleid te betaal.

Die geld is reeds vanoggend vroeg in die rekenings van die atlete en afrigters inbetaal, het die NSK gesê.

Die span vir die 2022 Statebondspele span het N$260 000 gekry. Die span vir die Spesiale Olimpiese Somerspele het N$275 000 ontvang, terwyl die deelnemers aan die 2023 Parys Para-wêreldkampioenskappe N$410 000 vir hul pogings gekry het. Die wenners van die Afrika-Strandspele was ook onder die ontvangers en het gesamentlik N$100 000 gekry.

"Ons verstaan dat die wagtyd lank was: Dit is egter beter om laat as nooit te wees nie, en ons sal met ons lynministerie om hierdie uitdaging werk," het die uitvoerende administrateur van die NSK, Freddy Mwiya, gesê.

Die geld sal verdeel word volgens die waarde van die medaljes wat die atlete gewen het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!