Wayne Pinnock.
Wayne Pinnock.

#PasIn: Namibië se Coetzee mis verspringfinaal

Tielman Van Lill
Namibië se Lionel Coetzee kon vandag nie vir die finaal by die Wêreldatletiekkampioenskappe kwalifiseer nie.

Coetzee het onder druk geknak en 29ste uit 37 mededingers geëindig met 7,55 m. Dit is 72 cm korter as sy Namibiese rekord. Sy persoonlike beste is 8,27 m, wat hy vroeër vanjaar by die Nasionale Senior Namibiese Kampioenskappe in Windhoek behaal het.

Die kwalifiserende standaard om die finale te bereik, is 8,00 m.

Die twaalf kwalifiseerders vir die finale is: 1 Wayne Pinnock (Jamaika, wêreldleier 8,54 m), 2 Jianan Wang (Sjina, seisoen beste 8,34 m), 3 Miltiadis Tentoglou (Griekeland, 8,25 m), 4 Carey Mcleod (Jamaika, 8,19 m), 5 Alejandro Parada (Kuba, 8,13 m), 6 Simon Ehammer (Switserland, 8,13 m), 7 William Williams (VSA, 8,13 m), 8 Tajay Gayle (Jamaika, 8,13 m), 9 Radek Juška (Tsjeggiese Republiek, 8,10 m), 10 Marquis Dendy (VSA, 8,08 m), 11 Thobias Montler (Swede, 8,03 m), 12 Jeswin Aldrin (Indië, 8,00 m). Foto: Jamaica Observer

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!