Rodney Stewe met sy goue medalje. Foto Verskaf
Rodney Stewe met sy goue medalje. Foto Verskaf

#PasIn: Stewe en Hamutenya vat blinkes

Tielman Van Lill
Rodney Stewe en Fikameni Hamutenya het vandag in Berlyn, Duitsland, Namibië met twee medaljes by die Spesiale Olimpiese Wêreldspele vereer.

Stewe het Namibië se eerste goue medalje in die fietsry gewen toe hy Hui Teng Yang van China en José Quintero van Duitsland oor 5 km vir die wêreldtitel geklop het.

Hamutenya se tweede silwer het hy in die 1 500 m verdien. Daniel Mutiso van Kenia wat hom oor die 800 m geklop het, was weer te vlink vir Namibië se blitsige middelafstandatleet. Komong Moncho van Suid-Afrika het brons opgeraap.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer