Passievolle, kleurryke oud-Bokafrigter McIntosh oorlede
Rugby
Rus in vrede, meester. So het Mark Alexander, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), die voormalige Springbok-afrigter en -keurder Ian McIntosh, wat Woensdagoggend in die ouderdom van 84 in Durban aan kanker dood is, in ’n huldeblyk gegroet.
McIntosh sal onthou word as ’n passievolle rugbyafrigter en een van die spel se kleurrykste karakters.
McIntosh, ’n gebore Zimbabwiër wat ook by Natal en die Haaie diep spore getrap het, was die enigste afrigter wat die Springbokke (1993-’94) én die Blitsbokke (2003) afgerig het.
Onder sy leiding het Natal drie keer die Curriebeker verower.
Die Piesangboere van weleer het ook onder sy leiding in 1996 in die Superrugby-eindstryd teen die Blues gespeel.
Hy het die Bokke in 12 toetse afgerig en was ook vir 13 jaar lank ’n Springbok-keurder.
Wêreldrugby het hom in 2013 met die Vernon Pugh-prys vir sy uitsonderlike diens oor dekades heen vereer.
Alexander sê in ’n verklaring van Saru McIntosh het ’n uitsonderlike bydrae tot rugby wêreldwyd gelewer en veral by sy geliefde Haaie.
“Hy was deur en deur ’n passievolle rugbyman wat nooit ophou leer het nie, afgerig, opgevoed en teruggeploeg het.”
Hy het ook baie gedoen vir rugby in agtergeblewe gebiede en was aktief betrokke by die organisasie SA Rugby Legends.
KAPTEIN WAHL
Die oud-Springbokflank Wahl Bartmann sê nadat wyle dr. Louis Luyt, die eertydse Transvaalse rugbybaas, hom ná byna 100 wedstryde vir Transvaal in 1989 weggejaag het, het McIntosh hom gekontak.
“Hy het gevra ek moet asseblief Natal toe kom, want hulle het my nodig,” het Bartmann (nou 59) gesê.
“Toe ek in Durban aankom, sê hy vir my ‘ons gaan die Curriebeker wen’.
“Ek dink toe so by myself ‘ag oom, dis onrealisties’, want Natal het toe nog in die B-afdeling van die Curriebeker-kompetisie gespeel.
“Ons het ’n lang pad saamgeloop.”
Bartmann het in 45 wedstryde vir Natal gespeel. Hy was ’n lid van die Natalse span wat in sy 100ste bestaanjaar in 1990 die eerste keer die Curriebeker verower het toe Natal ’n sterbelaaide Noord-Transvaal op Loftus Versfeld in Pretoria geklop het.
Bartmann was twee jaar later die kaptein van Natal wat Francois Pienaar se Transvaalspan in die eindstryd op Ellispark in Johannesburg verslaan het.
“Ek moet sê sy kennis van die spel was uitsonderlik. So ook die manier waarop hy met die spelers op en van die veld gewerk het.
“Dit was onbeskryflik, net eenvoudig in ’n eie klas,” onthou Bartmann, deesdae uitvoerende hoof van Fidelity, en op sy dag ’n baljagter soos min.
“Die nuus van Ian Mac se dood is hartseer. Hy het ’n groot invloed op Suid-Afrikaanse rugby gehad en veral by Natal en later die Haaie.”
Een van die ingange by Kingspark staan amptelik bekend as die Ian McIntosh-hek.
Die oud-Springbok-kaptein Wynand Claassen, wat destyds in Natal-rugby ten nouste as afrigter van die Universiteit van Natal met McIntosh saamgewerk het, sê dié oorlede afrigter het ’n unieke rol gespeel om Natal-rugby tot die volgende vlak te neem.
“Hy was ’n ongelooflike mens en amper soos ’n Dok Craven – ’n fanatiese rugby-ou.
“Hy het nie net Natal en die Haaie afgerig nie, maar was ook op skole- en junior vlak betrokke.
“Later het hy ook by die SA Legends ’n groot afrigtingsrol gespeel,” sê Claassen.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie