Van links is Dan Zwiebel (organiseerder), Uparura Kuvare (uitvoerende direkteur van die Rössing-stigting) en Cornell Meeks van Nedbank. Foto verskaf
Van links is Dan Zwiebel (organiseerder), Uparura Kuvare (uitvoerende direkteur van die Rössing-stigting) en Cornell Meeks van Nedbank. Foto verskaf

Plattelandse skole baat by gebaar

Gholf
Tielman Van Lill
Die finaal van die Nedbank 4 Good-gholfreeks is Vrydag by Omeya deur Heinrich Schmidt en Wilna Bredenhann gewen.

Schmidt het die mansafdeling met 44 punte oorheers, voor Weitz van Niekerk (40) en Desmond D’Emiljo (38).

Bredenhann se 44 punte plaas haar in die topposisie met Claris Chipfupa en Tiekie de Wet saam tweede op 37.

Schmidt het gesê: “Die toernooi was goed gereël. My plan was om die baan op te som en dan my normale spel te speel sonder om kanse te waag. Twee weke gelede was dit baie winderig toe ek die laaste ronde gewen het. Met die finaal was dit weer baie warm.

Bredenhann het gesê: “Ek is ingenome met my sege. My gholf verbeter hoe ouer ek word. Dit was van die beste gholf wat ek nog gespeel het. Ek het wel die afgelope tyd met my dryfhoue gesukkel, maar vandag het alles puik gewerk.”

Uparura Kuvare, uitvoerende direkteur van die Rössing-stigting, sê: “Danksy Nedbank en die gholfgemeenskap sien ons uit na 2024. Ons wil graag meer skole en leerlinge bereik en gaan ’n wetenskapgebaseerde program van stapel stuur. Ons het vanjaar 41 skole bereik en hoop van harte die uitslae vir 2023 sal positief wees.”

Nedbank hoop om met sy inisiatief 8 000 leerlinge en 300 onderwysers in plattelandese skole te bereik. Ongeveer 700 spelers het in 2023 aan die tien rondes van die Nedbank-reeks deelgeneem. Ondersteunende borge was Pupkewitz Motors, AfricaOnline, Engen Namibia, Safintra Roofing, Gondwana Collection Namibia, CB Enterprises, Zebra Trailers, Pupkewitz Megabuild, Windhoek Lager en Imperial.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!