#Pledge4Pink-veldtog teen kanker

Krieket
Krieket Namibië se uitgebreide veldtog ten bate van die stryd teen kanker is bestem om heelwat aandag te lok met blootstelling tydens ’n internasionale T20-kriekettoernooi, ’n gholfdag en ’n modeweek.

Die #Pledge4Pink-veldtog streef daarna om bewustheid van kanker te verhoog en skep ’n verhoog vir Namibië om aan ’n gemeenskaplike doelwit te werk deur ’n kers van hoop aan te steek vir elkeen wat deur kanker geraak is of daarmee saamleef.

Krieket Namibië sal op 4 September saam met sy vennote die tweede uitgawe van die #Pledge4Pink-veldtog by Wanderers-krieketveld afskop. Sy vennote African Personnel Services (APS), Pupkewitz Motors en die MTC-modeweek in Windhoek speel ’n belangrike rol in die aanslag teen kanker.

Krieket Namibië het daarin geslaag om die topfranchises van Suid-Afrika en Pakistan vir ’n internasionale T20-toernooi hierheen te lok. Die DP World Lions en Lahore Qalandars sal tydens die Global T20-toernooi by Wanderers teen die Richelieu Eagles in aksie wees.

Op Sondag 4 September is dit die APS-pienkdag by Wanderers waar twee opeenvolgende T20-kragmetings die Namibiese gemeenskap byeen bring om bewustheid van kanker te verhoog. Die inisiatief is ter ondersteuning van die Kankervereniging van Namibië wat die siekte beveg.

Ondersteuners by die twee T20-wedstryde word aangemoedig om op 4 September pienk klere aan te trek. Krieketliefhebbers kan hul steun wys deur #Pledge4Pink op sosiale media te deel terwyl die Lahore Qalandars die Sondagoggend die DP World Lions die stryd aansê. Die aand speel Gerhard Erasmus en sy Richelieu Eagles teen die Suid-Afrikaanse span.

Die #Pledge4Pink-veldtog bring gesondheid, sport en mode saam by ’n Pink Ball-aand tydens die MTC-modeweek in die hoofstad. Die Pienk Bal word vir 15 Oktober by Safari Hotel beplan, waar plaaslike ontwerpers modeneigings sal ten toon stel. Dié gesogte geleentheid word afgesluit met ontwerpersrokke wat opgeveil word om die saak te ondersteun.

Krieket Namibië en die Pupkewitz Motors-span daag ook vierbalspanne uit om die pienk gholfuitdaging aan te durf deur 18 putjies op 18 November te speel. Die Pupkewitz Motors-pienkgholfdag sluit die jaarlikse #Pledge4Pink-veldtog af wat hoofsaaklik fokus op die insameling van geld met ’n veiling en die bewusmaking van kanker.

“Ons nooi die publiek, skole en maatskappye uit om deel te wees van die #Pledge4Pink-veldtog deur pienk aan te trek, hulpbronne te deel, materiaal te skenk, te help met die reël en beplanning van geleenthede, of sosiale media-plasings te deel en die boodskap so teen kanker versprei.

“Krieket Namibië spreek sy dankbaarheid uit teenoor APS, Pupkewitz Motors, MTC en Future Media wat ons veldtog ondersteun.”

Kommentaar

Republikein 2024-12-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 40° Rundu: 22° | 40° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 24° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 20° | 35° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 37° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 16° Walvis Bay: 15° | 20° Rehoboth: 20° | 36° Mariental: 20° | 37° Keetmanshoop: 18° | 34° Aranos: 20° | 38° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 18° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 21° | 39° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 35° Maputo: 21° | 39° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 17° | 24° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 21° | 34° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 23° | 37° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!