Aphiwe Dyantyi in ’n 2019 Super Rugby-wedstryd teen die Vodacom Bulls op Loftus Versfeld in Pretoria. Foto Gallo Images/Getty Images
Aphiwe Dyantyi in ’n 2019 Super Rugby-wedstryd teen die Vodacom Bulls op Loftus Versfeld in Pretoria. Foto Gallo Images/Getty Images

Plumtree kies Dyantyi op 11 teen Ospreys

VRK-rugby
Wim Pretorius
Afrigter John Plumtree het vier veranderinge aangebring aan die Haaie se span wat Vrydagaand die Ospreys in ’n geskiedkundige kragmeting in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) op die Twickenham Stoop in Londen pak.

Die voormalige Springbok-vleuel Aphiwe Dyantyi sal die eerste keer sedert 2019 ’n wedstryd begin en ook die eerste keer vir die Haaie in die nr. 11-trui uitdraf. Hy vervang vir Marnus Potgieter.

Dylan Richardson begin op haker en ruil sy trui met Kerron van Vuuren, wat dié naweek as plaasvervanger benut sal word.

Coenie Oosthuizen is terug op vaskopstut nadat hy in die eerste ronde – teen Munster – begin het, maar weggelaat is uit die 23-tal teen Leinster.

Sikhumbuzo Notshe kom in op agtsteman, met Phepsi Buthelezi wat na die kant van die skrum skuif in die plek van die beseerde Vincent Tshituka.

• Haaie: Aphelele Fassi, Werner Kok, Francois Venter (k), Rohan Janse van Rensburg, Aphiwe Dyantyi, Curwin Bosch, Cameron Wright, Sikhumbuzo Notshe, Phepsi Buthelezi, James Venter, Emile van Heerden, Corné Rahl, Coenie Oosthuizen, Dylan Richardson, Ntuthuko Mchunu.

Reserwes: Kerron van Vuuren, Dian Bleuler, Hanro Jacobs, Hyron Andrews, George Cronjé, Zee Mkhabela, Boeta Chamberlain, Murray Koster.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!