Die PupkewitzFoto verskaf
Die PupkewitzFoto verskaf

Potch-besoek baie suksesvol

Atletiek
Die gewigstoter en diskusgooier Mari Gey van Pittius (o.15) se algehele toekenning as beste junior veldatleet was ’n hoogtepunt van laas naweek se deelname op Potchefstroom, waar 22 atlete gekies uit die plaaslike Pupkewitz-byeenkomste aan die Noordwes-universiteit se Top-30-byeenkoms deelgeneem het.

Vir die Namibiese groepie het hul deelname tussen bykans 2 700 atlete in die grootste skole-atletiekbyeenkoms wat tans wêreldwyd aangebied word, hul blootstelling grootliks verbreed. Sewentig RSA-skole asook ’n span van Zimbabwe was verteenwoordig.

Die toer se reëlings was ook in ’n ander klas as byvoorbeeld die onlangse mislukte Cossasa Balspele wat op die einste Potchefstroom moes plaasvind.

Eerder as ’n busrit het die groepie na Johannesburg gevlieg en van daar die 146 km na Potchefstroom per bus afgelê.

Motiverende praatjies deur die hoog gerekende spiesgooi-afrigter Tertius Liebenberg (ook bestuurder van Pukke se hoëprestasie-instituut) en Namibië se diskusgooi-rekordhouer en Pukke-student Ryan Williams was ook van waarde.

Die Pupkewitz-span se 12 medaljes in twee dae was soos volg:

Goue medaljes: Adara Gey van Pittius, Alexandra Scheepers en Arizhia van der Walt word gesamentlik eerste geplaas in die hoogspring vir o.14-meisies; Chrislene Klein (o.19 hoogspring), Hitjivirue Hoveka (o.19 meisies verspring), Lauren van Niekerk (o.15 verspring), Marika Weitz (o.14 gewigstoot, byeenkomsrekord).

Silwermedaljes: Benjamin Hendrickse (o.15 hoogspring), Marika Weitz (o.14 diskusgooi), Mari Gey van Pittius (o.15 gewigstoot).

Brons medaljes: Mari Gey van Pittius (o.15 diskusgooi), Chrislene Klein (o.19 hekkies).

Die toergroep se hoofborg was die Pupkewitz-stigting wat nou ook jaarliks vier byeenkomste op Swakopmund borg.

Arebbusch Travel Lodge en Pharma Dynamics Namibia het ook bygedra en Athletics Development Club van Swakomund het die toer geïnisieer.

Die groep is vergesel deur spanbestuurders Hennie Horn (seuns) en Jacqui Snyders (meisies), afrigters Clifford Cloete en Mina du Plessis en ’n klompie ouers.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!