Prestasie in Lesotho se rowwe Roof of Africa
Enduro
’n Identiese tweeling van Windhoek, Anton en Gerhard Myburgh, asook Charles Koster het van laas Woensdag tot Saterdag op hul motorfietse aan die 2023 Roof of Africa-uithouresies in Lesotho se Malutiberge deelgeneem.
Dr. Hanré Myburgh, pa van die tweeling, het aan Republikein vertel: “Die kompetisie was in die goud-, silwer- of bronsafdeling verdeel; Anton en Gerhard het aan die bronsklas meegeding
“Vanjaar se Roof of Africa was gekenmerk deur die afwesigheid van reën, baie hoë temperature en hoë lugvogtigheid. Talle deelnemers moes weens ontwatering onttrek.
“Anton het tydens die tydtoets ’n ongeluk gehad en sy regterpols beseer. Hy moes ongelukkig weens die besering halt roep.
“Gerhard het besonders goed presteer. In die tydtoets eindig hy vierde en op die eerste dag agtste. Op die tweede dag van die kompetisie ry hy baie goed en eindig algeheel vierde in sy klas vir die dag. Sy algehele sewende eindposisie vir die kompetisie is ’n besonderse prestasie.
“Nog ’n Namibiër, Charles Koster, het op die eerste dag diep in die berge ’n baie slegte val met sy motorfiets beleef en moes weens harsingskudding onttrek.
“Die uitmergelende Roof of Africa se algehele wenner vir 2023 in die goudklas was die Suid-Afrikaanse internasionale ster, Wade Young, op sy Sherco.
“Die French Cavalry (Sherco-motorfietsgroep) wen die Roof of Africa se vervaardigerstitel vir die eerste keer in 54 jaar. Baie dankie aan Ruan de Lange van CBT Sherco Namibië wat die seuns ondersteun en ook op die toer vergesel het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie