Prince-hulle in taai finaal in Tblisi
Rugby
Die kaptein en flank Prince !Gaoseb is een van drie Namibiërs in die beginspan van die Tel Aviv Heat wat vandag in Tbilisi in die eindstryd van die Rugby Europa Superbeker teen die Georgiese franchise Black Lion te staan kom.
Max Katjijeko (flank) en Gerswin Mouton (regtervleuel) is die ander twee Namibiërs in die opdrafspan vir die eindstryd wat om 13:00 Namibiese tyd afskop en regstreeks op rugbyeurope.tv gevolg sal kan word.
Tel Aviv Heat se 32-jarige Suid-Afrikaanse haker Neil Rautenbach (tevore van die WP, Stormers, Cheetahs en Boland Kavaliers) het tevore ook belangstelling van die Namibiese keurders ontlok.
Die Israeliese franchise is egter ’n buiteperd teen die Georgiërs wat die kompetisie reeds die laaste twee jare gewen het en wat hul visier op ’n driekuns het. In verlede jaar se eindstryd in Tbilisi was !Gaoseb en Katjijeko beide betrokke, toe Black Lion sake met 29-17 oorheers het.
Die semifinale is drie naweke gelede afgehandel, met Black Lion wat die Castilla Iberians van Spanje met ’n indrukwekkende 41-0 in Tblisi oorheers het.
Tel-Aviv Heat het hul plek in die eindstryd ingeneem met hul oorwinning op ’n mistige dag en ’n modderveld in Boedapest met 31-6 (rustyd 17-6) teen die Romania Wolves, die onoorwonne wenners van groep B.
Tel Aviv Heat, wie se tuiswedstryde in Ciprus gespeel word vanweë die konflik in Israel, het op 18 November teen die Georgiërs te staan gekom. ’n Hewige stortbui het gedurende die eerste helfte uitgesak en Black Lion was rustyd met 23-6 voor, maar danksy ’n terugvegpoging was die verskil uiteindelik 29-27.
Die vleuel Gerswin Mouton, wat in die tweede helfte van laasgenoemde wedstryd ’n drie gedruk het, het vir sy eerste seisoen by die Tel Aviv Heat aangesluit en sê die ondervinding onder die ervare afrigterspan van Kevin Musikanth en Demetri Catrakilis was tot dusver ’n plesier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie