Marc Pritzen (middel), wenner van die Pupkewitz Tour de Windhoek, saam met die beste naelryer Rickardo Broxham (links) en Alex Miller, koning van die bergskofte en beste Namibiër (vierde). Foto Claudia Surén
Marc Pritzen (middel), wenner van die Pupkewitz Tour de Windhoek, saam met die beste naelryer Rickardo Broxham (links) en Alex Miller, koning van die bergskofte en beste Namibiër (vierde). Foto Claudia Surén

Pritzen tob oor Namibiese opsie

Padfietsry
Andrew Poolman
Marc Pritzen, pas bekroonde wenner van die Pupkewitz Tour de Windhoek, sê hy hou beslis nog sy opsies oop om hom moontlik in die toekoms vir sy geboorteland beskikbaar te stel. Die 22-jarige gebore Windhoeker het Sondag ná die vyfde en finale skof by Von Bachdam in ’n media-onderhoud gesê: “Ek moet nog gaan sit en die opsies behoorlik opweeg en kyk wat die beste skuif sal wees om my loopbaan vorentoe te vat, maar dis beslis moontlik dat ek in die toekoms vir Namibië kan ry.” Pritzen, voormalige Suid-Afrikaanse o.23-kampioen wat deesdae in Johannesburg gebaseer is, het twee naweke gelede by Graskop in Mpumalanga derde in die Suid-Afrikaanse padresieskampioenskap oor 169 kilometer geëindig, ná Reinardt Janse van Rensburg en Willie Smit. In die Tour de Windhoek het hy geen van die vyf skofte gewen nie, maar nietemin ná meer as sewe ure in die saal met 41 sekondes voor die tweede en derde geplaaste Suid-Afrikaners Brandon Downes en Travis Barret klaargemaak. “Om Namibië toe te kom, is altyd spesiaal. Dis waar ek gebore is en dis altyd ’n tuiskoms om familie naby te hê wanneer ek hier kom fietsry. Ek geniet die atmosfeer en die mense. ’n Mens kan sien die jonger fietsryers word ontwikkel en elke jaar kan mens sien hoe die sport groei. “Die afgelope toer was baie kompeterend en dis altyd ’n eer om Namibiese fietsry te kom ondersteun. “Absoluut, ja,” het hy geantwoord op die vraag of hy volgende jaar terug vir die Tour de Windhoek sal wees. “Hierdie is my tweede oorwinning (die eerste was in 2019) en ek moet my derde een kry.” Die president van die Namibiese Fietsryfederasie, mnr. Axel Theissen, het gesê Pritzen het Namibiese burgerskap en die deur is wyd oop indien hy so besluit. “Hy is lief vir Namibië, sy familie is hier, sy broer (Kai) is ook ’n gerekende ryer. Ons sal hom met ope arms verwelkom en ek glo hy kan baie vir ons beteken. “Dis lekker om in effek ’n Namibiese wenner in die Tour de Windhoek te hê,” het Theissen met ’n breë glimlag gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!