Privaatskole druk mekaar hard op die baan
Skolenetbal, -hokkie
Napso (die Namibiese Privaatskole-organisasie) het die afgelope naweek sy reeks van drie uitnodigingsbyeenkomste vir netbal en hokkie afgesluit.
Hierdie sportdae vir netbal en hokkie is aangebied by Pro-Ed op Swakopmund (13-14 Mei) asook Elnatan op Stampriet (3-4 Junie) voor die afgelope Vrydag en Saterdag se finaal by Affiespark in Windhoek.
“Napso het weereens ’n lys van passievolle en toegewyde skole, leerders, ouers en instansies om te bedank ná nog ’n wonderlike reeks byeenkomste,” sê die uitvoerende hoof, mnr. Wouter Niehaus.
“Die aanbiederskole het weereens nie teruggehou sover dit goeie gehalte organisering van die byeenkomste betref nie. Ons hartlike dank aan Pro-Ed, Elnatan en WAP dat ons gebruik kon maak van hul sportgronde en fasiliteite; so ook vir elke skeidsregter en beampte wat hulself beskikbaar gestel het.
“Ons sal ook nooit vergeet om die hartklop van hierdie byeenkomste te bedank nie – die deelnemende leerders en hul ouers wat kans sien om hul kinders te ondersteun in hierdie moeilike finansiële tye nie.
“Napso se ankerborge ondersteun ons altyd. Maak nie saak met watter nuwe idees ons na vore kom nie, hulle is altyd saam met ons opgewonde en bereidwillig om te help. Dit sluit nuwe byeenkomste en toere in, om ons Napso-skole meer blootstelling te gee.”
Die Napso Uitnodigingsbyeenkoms dateer reeds vanaf 2018, met die eerste jaar wat net op netbal gefokus was.
In 2020 en 2021 is geen byeenkoms vanweë die Covid-inperkings aangebied nie, maar vanjaar is hokkie bygevoeg en in 2023 sien Napso uit om ook sewesrugby in te bring.
“Dis immers in Napso se aard om te groei en meer geleenthede vir ons leerders te bied. Tydens die twee dae van die finaal by WAP kon ons duidelik sien dat die leerders honger vir sulke kompetisie is,” sê Niehaus.
Die uitslae van die medalje- en bekerwenners:
NETBAL o.12
1 Windhoek Affies, 2 Tsumeb Gimnasium, 3 Pro-Ed Akademie.
NETBAL o.13
1 Pro-Ed Akademie, 2 Windhoek Affies, 3 Elnatan.
NETBAL o.15
1 Windhoek Affies A, 2 Tsumeb Gimnasium, 3 Windhoek Affies B.
NETBAL o.17
1 Windhoek Affies, 2 Keetmanshoop Privaatskool. 3 Pro-Ed.
NETBAL o.19
1 Pro-Ed, 2 Windhoek Affies, 3 Elnatan.
MEISIESHOKKIE
3 Elnatan, 2 WBPHS, 1 Pro-Ed.
SEUNSHOKKIE
1 Windhoek Affies, 2 Pro-Ed, 3 WBPHS.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie