Lorenzo Louis, heelagter, vroeër vandeesweek in die NRU se hoëprestasie-gimnasium. Foto Andrew Poolman
Lorenzo Louis, heelagter, vroeër vandeesweek in die NRU se hoëprestasie-gimnasium. Foto Andrew Poolman

Proefspelers hou WB-vonkel in die oog

Rugby
Die uitgesoekte klubspelers behoort die pad voor hulle te sien wat tot hul bevordering na die Namibiese toetsspan kan lei.
Andrew Poolman
Dok Danie Craven se filosofie was altyd dat die Springbokkeurders op enige gegewe dag, ongeag die omstandighede, gereed moet wees asof hulle komende Saterdag hul span teen die All Blacks moet laat opdraf.

Eintlik geld hierdie beginsel deesdae vir Namibië ook – want indien sy kwalifiserende veldtog in Juliemaand suksesvol is, sal hy by volgende jaar in Frankryk vir die derde Wêreldbekertoernooi op ’n streep saam met Nieu-Seeland gegroepeer wees ... om nie van die gasheerland se ewe formidabele span te praat nie.

Namibië se eerste tree na Rugby Afrika se WB-uitduntoernooi wat in Julie in Frankryk aangebied word, word komende Saterdag gegee met die Rugby-unie se aanbieding van ’n proefwedstryd vir die uitgesoekte plaaslike spelers wat in die NRU premierliga hul hand opgesteek het.

Ses lede van die 2019 Wêreldbekerspan is in die Rooi Span of Blou Span vir die proewe ingesluit, naamlik die senter Lesley Klim, vleuel JC Greyling, agtsteman Prince !Gaoseb, stutte Desiderius Sethie en Nelius Theron en haker Obert Nortje.

Afgesien van dié ses is daar nog tien spelers wat tevore die Namibiese trui in ’n toets gedra het. Die groep wemel ook van gewese nasionale o.20-spelers en ander klubstaatmakers wat hulself met tye as ongelukkig kon ag om nie hul groot kans te kon afdwing nie.

Die twee proefspanne is saamgestel uit die vergrote nasionale oefengroep, aangevul met spelers wat deur klubs landwyd benoem is. Die afrigters van die premierligaklubs het Maandag vergader om die twee spanne met sover moontlik eweredige krag saam te stel.

Dis geen geheim nie dat Namibië se Wêreldbekergroepe sterk steun op sy hoëprofiel spelers met professionele kontrakte in Europa, Suid-Afrika en deesdae ook die VSA – maar met die samewerking en insette van die plaaslike klubs is dit ewe voorspelbaar dat die binnelandse talent enige geleentheid soos dié met beide hande kan en sal aangryp.

Republikein verneem dat die nasionale afrigter Allister Coetzee, wat ook vir Rovigo in Italië afrig, nie die naweek in Windhoek teenwoordig sal wees nie. Dit is glo wel moontlik dat hy ’n seldsame verskyning in Windhoek sal maak vir die vriendskaplike wedstryd op 4 Junie tussen ’n Blou Bulle- en Welwitschias-vyftiental wat inderdaad die volgende geleentheid is om Namibië se bestes vir die WB-aanslag te slyp.

Drie van Coetzee se hulpafrigters sal egter wel Saterdag se proefwedstryd in die Hage Geingob-stadion bywoon, naamlik Chrysander Botha (agterlynafrigter), Pine Pienaar (verdediging) en Barend Pieterse (voorspelers). Laasgenoemde twee Suid-Afrikaners is onderskeidelik in die Blou Bulle en Griekwas se afrigtingstruktuur.

Die twee proefspanne:

ROOI SPAN

15 Jeandre Loubser (Rehoboth)

14 Elmarco Beukes (Wanderers)

13 Lesley Klim (Unam)

12 Bredell Wessels (Wanderers)

11 Gino Wilson (Suburbs)

10 Delron Brandt (Unam)

9 Jacques Theron (Wanderers)

8 Oderich Mouton (Unam)

7 Joshua Jacobs (Kudus)

6 Gilad Plaatjies (Unam)

5 Tertius Arangies (Kudus)

4 Le Beau du Preez (Wanderers)

3 Craig Swartz (Kudus)

2 Wikus Jacobs (Grootfontein)

1 Jason Benade (Unam)

Reserwes: 16 Gerhard Thirion (United), 17 Simon Kanime (Unam), 18 Nelius Theron (Grootfontein), 19 Kevin Cloete (Rehoboth), 20 Diamando Tjombe (Suburbs), 21 Rowan Jansen (onverbonde), 22 Tjingairi Katjivi (Suburbs), 23 Miguel Bush (Rehoboth), 24 Kyle Wentzel (Kudus), 25 Patrick Karsten (Wanderers), 26 Lloyd Jacobs (Kudus).

BLOU SPAN

15 Lorenzo Louis (Unam)

14 Warren Ludwig (Wanderers)

13 Darryl Wellman (Unam)

12 Alcino Izaacs (Unam)

11 JC Greyling (Wanderers)

10 André van der Berg (Wanderers)

9 Oela Blaauw (United)

8 Prince !Goaseb (Unam)

7 Boris Majiedt (Rehoboth)

6 Cameron Langenhoven (Kudus)

5 Erik Strauss (Wanderers)

4 Johan Luttig (Grootfontein)

3 Chemigan Beukes (Suburbs)

2 Obert Nortje (Wanderers)

1 Jano Otto (United)

Reserwes: 16 Zwandre Viviers (Kudus), 17 Herschell van Wyk (Wanderers), 18 Desiderius Sethie (Unam), 19 Lorenco Calaca (Kudus), 20 Ronald Vogel (Reho Falcon), 21 Driaan Vorster (Wanderers), 22 Dhale Cloete (Suburbs), 23 Willem Enslin (Grootfontein), 24 Geraldo Beukes (Rehoboth), 25 Ricardo Swartz (Suburbs), 26 Keanan van Wyk (Wanderers).

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!