Rico Kühnle-Kreitz is ’n lid van die Namibiese manspan wat oor vyf weke in Duitsland by die Vuisbalwëreldbeker in aksie is. Foto argief
Rico Kühnle-Kreitz is ’n lid van die Namibiese manspan wat oor vyf weke in Duitsland by die Vuisbalwëreldbeker in aksie is. Foto argief

Projek Mannheim oor vyf weke

Vlugbal
Tielman Van Lill
Die derde Bank Windhoek-vuisbaltoernooi vind komende Saterdag by die Cohen-vuisbalklub in Olympia plaas.

Met ’n rekordgetal van 18 ingeskrewe spanne word verwag dat die toernooi mededingend en een van die bestes nóg die liga sal wees.

Sport Klub Windhoek (SKW) het 12 spanne geregistreer, terwyl die Swakopmund-vuisbalklub (SFC) drie spanne stuur om teen die dominante Cohen-vuisbalklubs mee te ding.

In die A-liga is Cohen 1 boaan die puntelys met 18 ná twee rondes. Ná die onverwagte nederlaag in die binnenshuise kampioenskapfinaal teen SFC 1, sal Cohen 1 alles doen om hul voorsprong uit te brei.

Die tweede geplaaste SKW 1 het 13 punte, gevolg deur Cohen se reserwespan en SFC 1, wat die derde plek met dieselfde aantal punte deel.

In die B-liga speel vier SKW-spanne teen die twee spanne van Swakopmund. SFC 2 wat elk van sy vorige ses wedstryde gewen het, is kort agter die ervare SKW 4-span, wat met sewe punte voor op die punteleer is.

In die Onder 18-liga sal drie spanne van SKW teen SFC speel. SKW A loop voor met nege punte, gevolg deur SFC A met sewe. Vier spanne van SKW speel in die onder 14-afdeling. SKW C het in Maart by die eerste toernooi feesgevier.

WÊRELDBEKER

Die Namibiese manspan het intussen sy vyfde en laaste oefenkamp in Windhoek voltooi. Namibië sal oor vyf weke teen Duitsland, die wêreldtitelhouer en gasheerspan, in die openingswedstryd van die 16de Wêreldkampioenskap in die Rhein-Neckar-stadion in Mannheim te staan kom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!