Proteas jaag 387 in Melbourne

Krieket
’n Oortuigende reeksnederlaag is, ondanks ’n mank Australiese boulaanval, die Proteas se voorland in die tweede kriekettoets in Melbourne.

Die besoekers is Woensdag op die derde dag ’n teiken van 387 gestel om seker te maak Australië moet weer kolf. Die Aussies het hul eerste beurt op 575/8 gesluit verklaar.

Suid-Afrika het in sy eerste beurt net 189 lopies aangeteken.

Dean Elgar, die Proteas se kaptein en aanvangskolwer, was vroeg op pad terug paviljoen toe nadat hy aan die bykant na ’n bal van Pat Cummins gaan vis het.

Die bal het Elgar se handskoen rakelings getref en hy het sy beurt van 26 lopies in die eerste beurt met ’n nulletjie opgevolg.

Hoewel die Aussies ten volle in beheer is, sal die veelsydige Cameron Green en dalk ook die snelbouler Mitchell Starc nie verder in die toets kan boul nie.

Dit sal die tuisspan met net Cummins, Scott Boland en die draaier Nathan Lyon laat om Suid-Afrika oor die volgende twee dae uit te boul.

’n Opslagbal van Anrich Nortjé het Green (51*) met ’n gebreekte wysvinger uit die toets geboender en Starc het ook las van ’n seer vinger.

Dit is nog nie seker wat Starc se prognose is nie.

Nortjé was die keur onder die Suid-Afrikaanse boulers en het Travis Head (51) en David Warner (200) met opeenvolgende balle skoongeboul.

Hy het met ’n ontleding van 3/92 geëindig, terwyl Kagiso Rabada 2/144 laat kantel het.

Sarel Erwee (7*) en Theunis de Bruyn (6*) sal Donderdag die Proteas se beurt op 15/1 hervat.

• Aan die einde van dag drie: Suid-Afrika 189 & 15/1; Australië 575/8 (verklaar).

– espncricinfo.com, Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!