Proteas se rasteikens styg skerp
Krieket
Indien Krieket Suid-Afrika sy verskerpte rasteikens streng toepas, sal daar teen 2030 vir slegs vier wit spelers in Protea-elftalle plek wees.
Dit is volgens KSA se transformasie-vooruitskattings tot en met 2030. Dié teikens word in ’n dokument uiteengesit wat op 5 April 2022 versprei is, maar KSA het by navraag aan Rapport bevestig dit is steeds geldig.
• Enoch Nkwe, KSA se direkteur van krieket, sê egter belowende jong wit spelers moet nie afgeskrik word deur die stygende teikens nie .
Protea-spanne moet tans ’n gemiddeld van 52% “generies swart” spelers per elftal bevat, en 24% “swart Afrikane” per elftal. Dít is die terme wat KSA gebruik om spelers te klassifiseer.
Die teikens sal jaarliks geleidelik toeneem totdat spanne in 2030 uit 60% “generies swart” spelers bestaan, en 36% “swart Afrikane”. Dit kom neer op 6,6 (afgerond tot 7) swart spelers, en 3,96 (afgerond tot 4) etnies swart spelers.
Die teikens word as ’n gemiddeld per elftal in ’n jaar oor alle formate bereken.
Die Protea-span gaan nie vanjaar hul rasteikens haal nie. Die gemiddelde aantal swart spelers in Protea-spanne in 2023 was 40,3%, en 20,5% etnies swart spelers.
Die teikens word deur die Eminent Persons Group (EPG) gemonitor, en is ooreengekom tussen KSA se raad en die departement van sport, kuns en kultuur. Daar is egter meer buigsaamheid by die Proteas as by skole- of selfs senior provinsiale spanne. Elke senior provinsiale span moet ses swart spelers in sy elftal hê, van wie drie etnies swart.
Die regering kan beheerliggame straf wat nie aan 50% van hul teikens voldoen nie, deur hulle onder meer te stroop van hul amptelike status as nasionale sportliggaam.
Spanne wat nie aan dié teikens voldoen nie, kan deur KSA gestraf word.
’n EPG-verslag word jaarliks uitgereik wat nasionale sportliggame se transformasie peil. Dié verslag kyk holisties na transformasie in nasionale liggame, en nie net na die syfers van die nasionale span nie.
Die regering kan beheerliggame straf wat nie aan 50% van hul teikens voldoen nie, deur hulle onder meer te stroop van hul amptelike status as nasionale sportliggaam. Dít kan verreikende gevolge vir die sport hê.
Die departement merk in sy jaarverslag van 2021-’22 op dat KSA aan 73% van sy algemene transformasie-barometer-teikens voldoen het, maar dat die senior nasionale span “relatief ongetransformeerd” is.
• Zizi Kodwa, die minister van sport, kuns en kultuur, gaan die media Dinsdag oor verskeie kwessies te woord staan, insluitend die jongste EPG-verslag oor transformasie in sport.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie