Puik Eagles onoorwonne
Krieket
Namibië het op baie oortuigende wyse deur die kwalifiserende toernooi vir die T20 Wêreldbeker geseil.
Die onvermoeide werk van die Richelieu Eagles se spelers en ondersteuningspan het die agting van vriend en vyand afgedwing, met Namibië wat onoorwonne in die ICC T20 Wêreldbeker-uitduntoernooi vir Afrika geëindig het.
Namibië (vir die derde keer op ’n streep) en Uganda (debuut) het uit die sewe spanne deurgedring om volgende jaar Junie in Wes-Indië en die VSA te gaan aantree. Uganda het net teen Namibië verloor en het opslae gemaak toe hulle Zimbabwe by die Unitedveld verslaan het.
Namibië het gister afgesluit deur Nigerië (93 almal uit) met agt paaltjies te klop. Die speler van die wedstryd was kaptein gerhard Erasmus (48 nie uit nie van 40 balle, 4x4 2x6), nadat Bernard Scholtz drie paaltjies geneem het en David Wiese en JJ Smit twee elk.
Hoewel Zimbabwe sy kwalifiserende posisie vir 2024 se T20 Wêreldbeker moes prysgee, het die Chevrons al die individuele toekennings ingepalm. Hul kaptein Sikandar Raza was briljant op dreef op sy pad na twee trofeë – die toernooi se topkolwer (273 lopies, gemiddeld 54.6, kolftempo 150.83) asook die algehele beste speler, met die derde meeste paaltjies (10).
Sy spanmaat Richard Ngavara was die toernooi se beste bouler (13 paaltjies), ondanks goeie opdraand van Uganda se Alpesh Ramjani met twaalf.
Die adjunkminister van sport, jeug en nasionale diens, Emma Kantema-Gaomas, het die bekroonde individue en kwalifiserende spanne se medaljes en trofeë oorhandig.
JUNIORS IN INDIË
Die aanduiders vir Namibiese krieket is vol belofte, met die nasionale junior spelersgroep vandeesweek op toer in die Indiese staat Karnataka.
Afrigter Oscar Nauhaus en sy jongmanne se reis was beplan ter voorbereiding op die o.19 Wêreldbeker komende Januarie, wat intussen deur die ICC van Sri Lanka weggeneem en aan Suid-Afrika toegeken is.
Nauhaus het dié week aan die koerant gesê die toer het elkeen se oë geopen oor die standaarde wat by die Wêreldbeker vereis gaan word.
“Die ouens se oefensessies het hulle kans gegee om by die toestande te akklimatiseer. Die kolfblaaie se wip is heelwat vinniger as in Namibiese toestande. Die laterale beweging vir naatboulers sowel as die wip en draai vir draaiboulers gebeur ook vinniger as by die huis.
“Die eerste twee (uit vier) wedstryde het ons toegelaat om weer aan 50-boulbeurtkrieket gewoond te raak; om te boul na kolwers met uitmuntende vaardighede, en om werklike vinnige snelboulers te trotseer.
“Ons het ook met ’n verskeidenheid tipes draaiboulwerk te doen gekry – bybreek- en wegbreekboulers, linkerarm draaiers en kulballe (chinamen).
“Beide spanne kon verskillende elftalle vir hul kolf- of boulkans gebruik, om alle spelers die maksimum geleentheid te gee.
“Die leiding van Rajesh Kamath wat die staat Karnataka se krieketprogram bestuur, en veral sy insig oor draaiboulwerk, en om teen draaiers te kolf, is onskatbaar. Die spelers asook ek en Justice Hangula (hoof van krieket op Walvisbaai) bring kennis terug wat ons ook in Namibië se pyplyn kan terugploeg,” het Nauhaus gesê.
By die o.19 Wêreldbeker is Namibië saam met Australië, Sri Lanka en Zimbabwe gegroepeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie