Pumas-botsing sal ’n aanduider wees
Rugby
Die Airlink Pumas, wat laas jaar dié rugbyprovinsie se historiese eerste Curriebeker premierliga-triomf gelewer het, is in Namibië om vanaand die Windhoek Draught Welwitschias in die Hage Geingob-stadion uit te daag.
Dié wedstryd (afskoptyd 19:00; alle kaartjies N$50) is die eerste van twee voorseisoense opwarmwedstryde vir die Namibiërs. Komende Saterdag se herontmoeting sal waarskynlik na ’n rat of twee hoër oorskakel, wanneer die Airlink-trofee op die spel staan.
Chrysander Botha, hoofafrigter van die plaaslike Namibiese Welwitschias wat op hul terugkeer na die nuwe Mzanzi-uitdaagreeks (Curriebeker eerste liga) en ook die Wêreldbeker later vanjaar voorberei, beoog om sy volledige uitgebreide oefengroep wedstrydtyd te gee, voordat die groep aanstaande week verklein word.
Botha sê: “Ons stoot twee afsonderlike spanne vir elke helfte in die veld, want ons werk tans met ’n groot spelersgroep. Ons wil elkeen geleentheid gee om ná ’n lang voorseisoen van kondisionering weer fiks vir kontak te word.
“Ons spankeuse is daarop gemik om op te bou na 60 minute van optimale vlakke met impakspelers om sake af te rond, sodat ons gereed kan wees vir ons eerste wegwedstryd in die Mzanzi-uitdaagreeks op 25 Maart teen die Grens Bulldogs.
“Die Pumas is bekend vir hul trots op die fisieke deel van die spel en dat hulle met die bestes in Suid-Afrika kan saampraat. In dié opsig word dus hoë eise aan ons gestel en om dié rede beperk ons ook ons spelers se speeltyd in die opbou na volle wedstrydfiksheid.
“Hierdie twee wedstryde gee ons klubspelers ’n wonderlike geleentheid om met die Curriebeker-houers mee te ding en só hulself te ontwikkel.”
Die Welwitschias se ‘ Blou span’ vir die eerste helfte: 1 Jano Otto, 2 Wikus Jacobs, 3 Jason Benade, 4 Mahepisa Tjeriko, 5 Max Katjijeko, 6 Thomasau Forbes, 7 Lezardo Vos, 8 Prince !Gaoseb, 9 AJ Kearns, 10 Henrique Olivier, 11 AJ Zaahl, 12 Danco Burger, 13 Hillian Beukes, 14 Nico Maartens, 15 Jeandre Loubser.
Reserwes: Herschell van Wyk, Zwandre Viviers, Carl-William Freygang, Danie van der Merwe, Delron Brandt, Nandivatu Kaaruombe, Raschano van Rooi, Lloyd Jacobs.
Die rooi span (tweede helfte): 1 Desiderius Sethie, 2 Gerhard Thirion, 3 Nelius Theron, 4 Francois Jones, 5 Brandon Ortner, 6 Le Beau du Preez, 7 Lezardo Vos, 8 Johan Luttig (kapt), 9 Jacques Theron, 10 André van der Berg, 11 Gino Wilson, 12 PJ Walters, 13 Justin Newman, 14 Shareave Titus, 15 Denzo Bruwer.
Reserwes: André Rademeyer, WP Eloff, Thomas Kali, Diamando Tjombe, Max Katjijeko, Prince !Gaoseb, Miguel Busch, Aurelio Plato, Ryan Coetzee, Dylan Izaaks, Neil Holtzhausen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie