Tiaan de Klerk bemeester die bal in die 2023 Wêreldbeker-kragmeting tussen Namibië en Uruguay in Frankryk. Foto AFP
Tiaan de Klerk bemeester die bal in die 2023 Wêreldbeker-kragmeting tussen Namibië en Uruguay in Frankryk. Foto AFP

Pumas kies Biltongboer-langeraat Tiaan

Rugby
Marnus Kok
Die Namibiër Tiaan de Klerk, wat vanjaar in die Wêreldbeker-toernooi in aksie was, sal Saterdag in die Airlinkbeker-reeks sy buiging vir die Pumas maak.

De Klerk (22) sal op slot sak teen die Griffons in Kimberley in die derde ronde van dié reeks. Sy insluiting is een van twee veranderinge wat Jimmy Stonehouse, afrigter van die Laevelders, aangebring het aan die beginspan wat die Luiperds twee weke gelede in Potchefstroom geklop het.

De Klerk neem die plek van Jeandré Leonard, met Jaco Labuschagne wat in die ander verandering as oopkantflank diens sal doen in André Fouché se plek.

Die insluiting van De Klerk beteken dat die Pumas twee spelers met toetservaring in die beginspan het – die ander een is die skrumskakel Ross Braude (Kanada).

“Ons gee Tiaan nou ’n geleentheid om te sien hoe hy vaar. Ek dink afgesien daarvan dat hy redelik fiks is, is hy met sy lengte ’n goeie opsie in die lynstane,” sê Stonehouse.

“Die ander ding is dat hy by die Wêreldbeker-toernooi was. Dit beteken dat hy bietjie meer ondervinding het. Ons hoop daardie ervaring is iets wat ons ook vorentoe kan help omdat ons so baie ouens verloor het.”

Volgens die Wêreldbeker-toernooi se webblad staan De Klerk, wat in twee wedstryde in vanjaar se skouspel in Frankryk in aksie was, 2,04 m in sy sokkies.

Stonehouse sê die mededinging by die Pumas is straf vir ’n plek in die 23-tal.

“Die ouens veg vir hul plek. Ons speel in ’n reeks wat net uit vier wedstryde (per span) bestaan. Dit was ons plan om almal kans te gee, maar omdat ons ons eerste wedstryd (teen Griekwas) verloor het, kon ons nie te veel veranderinge aangebring het nie.

“Die mededinging by ons is straf. Ons hou maar by die ervare ouens. ’n Mens kan sien Griekwas kies ook hul ervare spelers,” sê Stonehouse.

’n Sege Saterdag oor die Griffons sal verseker dat die Pumas aanstaande naweek in die eindstryd speel van die Airlinkbeker-reeks, wat in Mbombela beslis word.

In Saterdag se ander wedstryd in Kimberley is Griekwas, die enigste onoorwonne span in die reeks, en die Luiperds slaags.

PUMAS (15-1)

Tino Swanepoel, Etienne Taljaard, Stefan Coetzee, Wian van Niekerk, Phiko Sobahle, Clinton Swart, Ross Braude, Kwanda Dimaza, Ruwald van der Merwe, Jaco Labuschagne, Shane Kirkwood (k), Tiaan de Klerk, Ruan Swiegers, Llewellyn Classen, Etienne Janeke.

Reserwes: PJ Jacobs, Dewald Maritz, Simon Raw, Malembe Mpofu, Anele Lungisa, Giovan Snyman, Brandon Thomson, Qamani Kota.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!