Pumas verneder Bulle met sestigtal op Loftus
Curriebeker
Die goeie nuus vir die Bulle is dat hulle Loftus Versfeld se pawiljoene nie veel leër kan speel met die tragiese rugby waarmee hulle Sondagmiddag in die Curriebeker-kompetisie teen die Pumas vorendag gekom het nie.
Edgar Marutlulle, die Bulle se hoofbreier in vanjaar se Curriebeker-kompetisie, was vol vertroue dat sy span met Springbokke soos Morné Steyn, Lionel Mapoe en Sbu Nkosi in die agterlyn die Pumas se tier op Loftus sou wees.
Sy eerste veldtog as hoofbreier op dié vlak het egter op ’n droewige noot begin toe die Laevelders die Bulle met 63-15 op ’n leë Loftus ontnugter het.
Die Pumas, die verdedigende Curriebeker-kampioenspan, het in ’n bui vir feesrugby opgedaag en van die drieë wat hulle gedruk het, was so skouspelagtig dat selfs hul afrigter, Jimmy Stonehouse, nie sy bewondering kon wegsteek nie.
Die kontras tussen die spanne was enorm.
Aan die een kant kon die Bulle nooit hul besit langer as drie fases behou nie en hulle het die een fout ná die ander gemaak. Teen dié Pumas is dit moeilikheid soek en die tuisspan het die prys betaal.
Soms wanneer ’n span só oorheers, is die geluk ook aan sy kant en die bal het meer as een keer reg gehop vir die Pumas.
Jy sou Stonehouse se span seker kon verskoon as dit vanjaar ’n geval van olikheid ná die groot vrolikheid is. Maar Pumas het allesbehalwe begin asof hulle nog ’n babelas ná 2022 se Curriebeker-triomf het.
Gewoonlik wanneer ’n span teen rustyd met 27-8 voor is, is dit moeilik om in die tweede helfte met dieselfde intensiteit en tempo te speel.
Nie dié Pumas nie. Hulle het ná rustyd nóg 36 punte en vyf drieë opgestapel om die sout behoorlik in die wonde te vryf.
Bulle-ondersteuners sal ná dese wonder wat by Loftus aangaan.
Toegegee, die Pumas is ’n gevestigde span en samespel sou altyd ’n uitdaging vir die Bulle wees.
Maar die Bulle, gelaai met Bokke en spelers met hope ervaring in die Verenigde Rugbykampioenskap, het gelyk na ’n span wat nog nie veel tyd saam op die oefenveld deurgebring het nie.
Die Bulle het ’n aansienlik groter begroting en meer diepte, en is nie veronderstel om op sy tuisveld sulke skandes te maak nie.
Waar laat dit die Bulle so vroeg in die kompetisie?
Willem Strauss, die Bulle-president, het die nederlaag as die grootste verleentheid in sy 33 jaar as ’n rugbyadministrateur beskryf.
• Ander uitslae: Leeus 28-44 Westelike Provinsie (Johannesburg); Sharks XV 32-16 Griffons (Durban); Griekwas 19-42 Cheetahs (Kimberley, Vrydagaand).
Curriebeker eersteliga: Luiperds 33-32 Boland Kavaliers (Potchefstroom); Valke 44-38 SWD Arende (Kemptonpark); Oostelike Provinsie 22-15 Grens Bulldogs (Despatch).
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie