Race to Omeya goed afgesluit
Gholf
Omeya gholfklub het Saterdag die laaste rondte van die gewilde Race to Omeya-reeks aangebied.
Toestande was moeilik en talle spelers moes hard baklei om die finale spanne te haal.
Saterdag se wenners in rondte 8 was 1 Danie Malan (38 punte, uittel), 2 Dieter Schrywer (38), 3 Douglas Holtzhausen (37) en die vrouewenner was Suzette Vermeulen met 35 punte.
Pryse vir die houe naaste aan die pen is deur Danie Pienaar (putjie 7) en Jean Erasmus (putjie 17) gewen.
Die reekswenners is 1 Eugene Lofty-Eaton (182), 2 Johnny Maasdorp (181) en 3 Johan Faber (180) en die vrouekampioen is Anecia le Grange (182 punte).
Die organiseerders spreek hul dank uit aan aan Namibia Plastics as hoofborg van die reeks. Al die wenners van die agt toernooie en van die reeks word gelukgewens en voorspoed toegewens vir die mans- en vrouefinale in November.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie