• Tuisblad
  • Sport
  • Rassie gereed met plan toe nuwe reël vir waterdraers kom
Rassie Erasmus. Foto Gallo Images
Rassie Erasmus. Foto Gallo Images

Rassie gereed met plan toe nuwe reël vir waterdraers kom

Rugby
Linkie Bessinger
Volgens aangepaste reëls van Wêreldrugby kan dit lyk asof Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, se dae as waterdraer dalk verby is.

Maar dié oudafrigter het vinnig en flink vooruit gedink en ’n plan beraam.

Wêreldrugby het Dinsdag ’n aangepaste lys proefreëls goedgekeur en gepubliseer. Hiervolgens mag nie-spelende personeel van rugbyspanne nie tydens wedstryde op die veld kom nie.

Erasmus het dadelik in ’n bekkige twiet op Twitter op dié proefreëls reageer.

“Ek het net gister met my lynbestuurder gepraat,” begin sy plasing.

“Sy dink ook ‘direkteur van rugby’ is te formeel. Ons het saamgestem dat die titel ‘direkteur van afrigting’ my baie beter pas! Lekka!! Kan nie wag nie.”

Waar Wêreldrugby se regulasies voorheen daarop gedui het dat nét hoofafrigters nie op die veld mag kom nie, sluit daardie regulasie nou die verbod van direkteure van rugbyunies ook in.

Erasmus het verlede jaar as die Springbokke se waterdraer opgetree tydens die toer van die Britse en Ierse Leeus in Suid-Afrika. Mense het dit amusant gevind, maar daar was ewe veel teenkanting.

Luidens ’n verklaring deur Wêreldrugby sal die nuwe reëls van 1 Julie 2022 geld in alle kompetisies en wedstryde.

“Hierdie proefreëls is ingestel om die vloei van wedstryde makliker te maak deur onnodige vertragings te keer,” sê die organisasie.

“Die besluite oor hierdie reëls volg ná ’n omvattende hersiening en ondersoek van die rugby-omgewing.

“As deel van die ondersoek is gekyk na die hidrasie wat spelers tydens wedstryde nodig het en ook onderbreking in spel wat veroorsaak word deur te veel waterdraers op die veld.”

Wêreldrugby sê hulle wil ook moontlike inmenging met die wedstryd keer en sodoende aanmoedig dat kykers die oordeel van wedstrydbeamptes en skeidsregters geloofwaardig en eg sal vind.

Wêreldrugby sê hulle het die lys reëls met aandeelhouers en rugbyunies wêreldwyd, plaaslik en internasionaal, bespreek en sê dit is veral internasionale spelers wat ten gunste van die veranderinge is.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!