Rassie: SA Rugby kan Nkosi help
Rugby
Sbu Nkosi is nie heeltemal uit die Springbok-prentjie nie, nadat sy kontrak met die Bulle ná ’n ooreenkoms opgeskort is.
Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, sê hy hoop Nkosi kry so spoedig as moontlik ’n nuwe span om voor te speel.
As hy weer speel, kan daar vasgestel word wat sy spelpeil is en hoe hy met ander spelers in die Springbok-span vergelyk om hom dalk te kan oorweeg.
Die 27-jarige Nkosi, wat vier jaar gelede ’n lid van die Bokspan was wat die Wêreldbeker onder Erasmus se afrigting verower het, is ná groot spanning tussen hom en die Bulle die afgelope jaar van sy kontrak vrygestel.
Hy het die laaste jaar met sy geestesgesondheid gesukkel.
Erasmus het Dinsdag op ’n Springbok-mediakonferensie in Pretoria gesê hy het nie enige binne-inligting oor presies wat die situasie is met Nkosi, wat in 16 toetse vir die Bokke gespeel het nie.
“Al wat ek kan sê, is ons hoop dit gaan goed met hom en hy is so vinnig as moontlik terug op die veld – hopelik in Suid-Afrika.”
Die Bokke is tans besig om in Pretoria te slyp vir die span se eerste wedstryd in die verkorte Rugbykampioenskap teen Australië op 8 Julie op Loftus Versfeld.
Erasmus sê SA Rugby kan die vleuel op en van die veld af bystaan. Dit sluit onder meer in hulp om iewers vir hom ’n kontrak te kry.
“Ons wens hom die beste toe en hoop hy kan so gou as moontlik weer speel.”
Sonder om na Nkosi spesifiek te verwys, het Erasmus gesê daar is “baie mense wat met baie goed sukkel”, en spelers is ook gewone mense.
Hy hoop Nkosi bly in Suid-Afrika, maar dit maak ook nie saak of hy oorsee gaan speel nie.
“Of hy nou in die Top-14 in Frankryk of in die Japanse Topliga speel, kan ons steeds op hoogte bly van hoe hy daar vaar,” sê Erasmus.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie