Reeks in Maleisië bereik ernstige deel
Hokkie
Afrigters Trevor en Shayne Cormack se spanne is beide in die wedloop om met silwerware terug te keer.
Terwyl Namibië se manspan verseker is om in óf die eindstryd óf die bronsfinaal van hul internasionale binnenshuise hokkietoernooi in Ipoh, Maleisië, betrokke te wees, kan Namibië se vroue steeds in die pylvak uit die wedloop na die uitklopfase geboender word.
Vir beide sal die groen-en-goud van Australië vandag in hul pad staan.
Ná gister se vrouewedstryde was Namibië vierde geplaas, met net een taai en beslissende wedstryd teen Australië (vandag 05:30, Namibiese tyd) oor om te verseker of hulle onder die topvier uit die ses spanne eindig.
Kaptein Sunelle Ludwig en haar maats het gister met ’n groot kragmeting teen die gunsteling en voorloper Suid-Afrika begin. Die Proteas het egter onoorwonne gebly met ’n oorwinning van 2-1, met albei die wenners se doele in die tweede kwart deur Tegan Fourie en Kayla de Waal aangeteken.
In die derde kwart het Azaylee Philander toegeslaan om Namibië binne trefafstand te bring, maar die telling het onveranderd gebly.
Speler van die wedstryd Tegan Fourie (RSA), Maleisië se Iren Hussin en Philander is tans die gesamentlike topdoelskieters in die vrouetoernooi (6 elk).
Later gister was afrigter Shayne Cormack se span onaangenaam verras toe die eindfluitjie teen Nieu-Seeland op 3-3 blaas.
Philander, Jocelle Wessels en Jerrica Bartlett het almal kanse binne die eerste kwart afgerond, maar die Kiwi’s het voor rustyd ’n doel behaal en in die laaste kwart twee keer toegeslaan, terwyl Namibië nie tot hul telling kon byvoeg nie.
MANSTOERNOOI
Die uitslag van twee wedstryde vandag (Namibië teen Australië 10:30, Suid-Afrika teen Maleisië 12:00) sal bevestig watter van die topvier manspanne tot óf die eindstryd óf die bronsfinaal deurdring.
Die mans se lys van voorste doelskieters het Steven Paulo (RSA) boaan met 11 treffers. Jett Leong van Australië het nege en Namibië se Fagan Hansen (7) is gesamentlik derde met twee Maleisiërs. John-Paul Britz (6) en Brynn Cleak (5) verskyn ook op die lys.
• Saterdag: Vroue-bronsfinaal (08:00 Namibiese tyd) / Mans-bronsfinaal (10:00) / Vroue-eindstryd (12:00) / Mans-eindstryd (14:00).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie