Reën beroof van Proteas van oorwinning
Krieket
Aanhoudende reën het Suid-Afrika se eerste wedstryd in die T20-Wêreldbekertoernooi in die wiele gery.
Die Proteas se stryd teen Zimbabwe in Hobart is vanweë die eendeweer eers tot nege beurte aan ’n kant verkort.
Zimbabwe het eerste gekolf en is tot 79/5 beperk.
Kort nadat die Proteas se lopiejaagtog begin het, moes hulle weer die veld weens te swaar reën verlaat.
Toe hulle teruggekeer het, is die teiken tot 64 lopies in sewe beurte verminder.
Quinton de Kock, die Proteas se aanvangskolwer, het alles in sy vermoë gedoen om Suid-Afrika tot ’n oorwinning te voer en het 47 lopies van 18 balle gemoker. Hy het van die eerste boulbeurt 23 gemoker (4 4 4 6 4 1) en nog 17 van die tweede boulbeurt, voordat sy kaptein Temba Bavuma nog ’n enkele bal voor die penne was.
Suid-Afrika was danksy hom op 51/0 ná drie beurte toe die reën weer begin uitsak het die wedstryd finaal afgelas is.
Omdat daar nie minstens vyf boulbeurte in elke kolfbeurt afgestuur is nie, word die louere gedeel en moet die Proteas met ’n enkele ligapunt tevrede wees.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie