Rekordmylpaal vir Malherbe
Rugby
Die Springbok-vaskopstut Frans Malherbe word Saterdagaand die alleenhouer van die rekord vir die meeste wedstryde vir die Stormers wanneer hy in hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen Cardiff in die Walliese hoofstad opdraf.
Malherbe (31), wat as vaskopstut gekies is, speel sy 124ste wedstryd vir die Stormers. Hy het voorheen die rekord van 123 met Schalk Burger gedeel.
John Dobson, die Stormers se afrigter, het Vrydag hulde aan Malherbe gebring.
“Wat hy op die ouderdom van 31 vermag het, is ongelooflik as jy dink aan van die spelers wat voor hom die span verteenwoordig het,” sê Dobson.
“Hy’s ’n puik voorbeeld van ’n topspanman en sy blote teenwoordigheid vandeesweek het almal se energievlakke hier opgestoot.”
Dobson het talle veranderinge aan die span aangebring wat verlede naweek met die Ospreys gelykop gespeel het. Daar’s ’n nuwe voorry in Malherbe, Joseph Dweba en Steven Kitshoff.
Evan Roos het ’n ligte besering, wat beteken dat Hacjivah Dayimani as agtsteman sal begin. Ernst van Rhyn neem Dayimani se plek op flank.
Salmaan Moerat het teruggekeer huis toe om te rus en Adré Smith sal gevolglik Marvin Orie se slotmaat wees.
Agterlangs begin Godlen Masimla dié week op skrumskakel en kry Suleiman Hartzenberg weer ’n kans op vleuel.
Stormers:
Clayton Blommetjies, Suleiman Hartzenberg, Alapati Leuia, Dan du Plessis, Leolin Zas, Manie Libbok, Godlen Masimla, Hacjivah Dayimani, Ernst van Rhyn (k), Nama Xaba, Marvin Orie, Adré Smith, Frans Malherbe, Joseph Dweba, Steven Kitshoff. Reserwes: JJ Kotze, Kwenzo Blose, Brok Harris, Ben-Jason Dixon, Willie Engelbrecht, Junior Pokomela, Paul de Wet, Sacha Mngomezulu.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie