Helalia Johannes. Foto Rogan Ward
Helalia Johannes. Foto Rogan Ward

Rekords kan in Durban onder skoot kom

Padwedlope
As die openingswedren van die Spar 10 km Grand Prix-vrouereeks ’n aanduider was, behoort die tweede wedren, Sondag in Durban, vuurwerke te lewer.

Die seisoen se eerste een verlede maand in Gqeberha was baie vinnig, met die eerste elf hardlopers wat almal in minder as 34 minute klaargemaak het. Die direkteur van die Durban-ren, Brad Glasspoole, verwag Sondag nog ’n baie vinnige wedloop.

“Die hele wedloop is op seevlaken die hoogste van die klimgedeeltes is net nege meter. Dis ’n ideale roete vir hardlopers wat op dreef is om rekords te breek,” het hy verduidelik.

Die wedloop begin en eindig in Batteryweg, buite die Kingspark-swembad, en is een van die min grotes in Suid-Afrika wat in ’n straat eerder as in ’n stadion eindig.

Vir die wegspring sal die atlete langs die ikoniese Moses Mabhida-stadion aantree. Die eerste 5 km neem die hardlopers op ’n roete om Kingsmead-krieketveld, terwyl die tweede 5 km hulle langs Durban se bekende strandgebied neem, voor die einde naby Kingspark-swembad.

’n Uitstekende groep hardlopers het ingeskryf, insluitend die 2019 Spar Grand Prix-wenner, Helalia Johannes van Namibië (Nedbank).

Die 41-jarige Johannes het in Gqeberha vermoedelik die vinnigste tyd nóg deur ’n veteraan gehardloop toe sy in 31 minute 53 sekondes gewen het, maar later is uitgewys dat die 43-jarige Australiër Lisa Weightman drie weke tevore die Sydney 10 km in 31:20 gehardloop het.

Johannes het wel ’n wêreldrekord vir vroue ouer as 40 in die Suid-Afrikaanse halfmarathonkampioenskap opgestel, met ’n tyd van 1 uur 7 minute 49 sekondes, wat Weightman se wêreldrekordtyd van 1:08:48 geklop het.

Die heersende Twee Oseane-kampioen, Gerda Steyn, het ook haar inskrywing vir die Durban-resies bevestig.

Ook op Sondag se lys is die Ethiopiese paar Tadu Nare en Selam Gebre, wat in Gqeberha tweede en derde geëindig het. Nare het die Spar Grand Prix-reeks in 2021 gewen.

Plaaslike hardlopers sluit in Tayla Kavanagh, ’n Durbaniet wat in Gqeberha die eerste Suid-Afrikaner was; die 2018 Spar-reekswenner Kesa Molotsane en driemalige Spar-reekswenner Irvette van Zyl (Nedbank).

Nog ’n opwindende vooruitsig is Karabo Motsoeneng, wat Suid-Afrika in Augustus by die Onder 20- wêreldkampioenskap gaan verteenwoordig.

– SuperSport

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!