Rekords val by Oanobdam

Triathlon
Tielman Van Lill
Die RMB-veldtriathlon is die afgelope Sondag by die Oanobdam gehou waar die topatlete in die enduro-kategorie 1.1 kilometer moes swem, dan 26 km met ’n bergfietsry in die koppies moes aflê voor die finale been van 8 km hardloop waar klouter, spring en klim deel van dié warm avontuur was.

In die enduro-kategorie het die veteraan driekamper Andrew Rowles tydens die swemskof die voortou geneem, gevolg deur Jan Louis Mostert. JG van der Westhuizen het ’n paar minute later net voor Petrus Human uit die water gedraf, vinnig sy drafskoene aangepluk en ’n gaping tussen hom en Human bewerkstellig.

Beide Van der Westhuizen en Human het die ouer manne verbygesteek en daarna die gaping vergroot. Human het Van der Westhuizen vir die grootste deel van die ren binne sigafstand gehou, maar aan die einde kon hy nie teen Van der Westhuizen se versnelling na die eindstreep bybly nie.

Dit is Van der Westhuizen (2 uur 8 minute 34 sekondes, nuwe baanrekord) se eerste topposisie in die RMB Enduro-triathlon en ses minute vinniger as sy tyd laasjaar.

Human, wat in 2021 gewen het, moes met die tweede plek tevrede wees nadat Van der Westhuizen hom met minder as ’n sekonde geklop het. Rowles (2:23:51) het derde geëindig en as wenner van die veteraan-afdeling na vore getree.

By die vroue het Benita Windisch haar 2021-endurotitel suksesvol verdedig deur die drie dissiplines in 2:26:34 af te lê. Lelani Swart (2:39:24) en Lindy van den Bosch (3:01:34, wenner van die meester-kompetisie) was onderskeidelik tweede en derde, terwyl Marion Schonecke die veteraanafdeling oorheers het.

Ander voorste uitslae:

Sprint-kompetisie (600 m swem, 15 km bergfietsry, 4 km draf). Mans: 1 Nathan Chase (1:08:45, baanrekord), 2 Greg Chase (1:12:59, veteraanwenner), 3 Micah Chase.

Sprint-kompetisie vroue: 1 Laura Voss in (1:29:58), 2 Charmaine Shannon (1:37:19, veteraanwenner), 3 Shanay Viljoen (1:39:54).

Mini-kompetisie (330 m swem, 4 km bergfietsry, 2 km draf), mans: 1 Max McFarlane (44:25). Vroue: 1 Emma Brinkmann (41:49).

• Die paralimpiese swemmer en driekampatleet, Jeromuis Rooi, met een been wat geamputeer is, het ook aan die mini-afdeling deelgeneem.

Rooi is besig om vir sy deelname aanstaande maand aan ’n swemkompetisie in Kaïro, Egipte, te slyp.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!